Sunday, June 7, 2009

Marizanne: 6 Junie 2009
Vanoggend is ek en my gesin vroeg uit die vere (lees 04:00). Die
grootste deel van my dag is op lughawens en in vliegtuie spandeer. Ek
het met 1time Johannesburg toe gevlieg en het toe vir Johannes Cronje
(een van Lodie se boesemvriende) gekry. Hy moes vir Lodie 'n slotjie
vir die Toyota saamstuur. Dit is ook maar goed so, want hy het my
herinner dat ek my valuables moet gaan verklaar. Eerlikwaar weet ek
nie of ek op my eie sou onthou het om dit te doen nie. Thanks
Johannes! Gepraat van behulpsame mense: ek moet noem dat daar
definitief nog good souls in die wêreld is. Met die nuwe regulasies
moet mens jou laptop uit sy sak haal en apart vir hulle gee om te
ondersoek. Om my bagasie so kompak as moontlik te hou het ek my laptop
in my rugsak geprop. Die gevolg: elke keer moet ek krap en druk en
stoot asof my laptop Mike Tyson is om die ding uit en weer in te kry.
'n Indiër omie wat agter my in die ry was het my besittings vir my
aangegee soos dit klaar deur die masjien is. Hy het rustig met 'n
glimlag vir my gewag elke keer as hy sien hoe ek sukkel. Dit was 'n
aangename ervaring om te hê. Terwyl ek wag om op die vliegtuig te klim
sit ek op die algemeenbekende lughawebankies. Twee Ethiopiese
seuntjies is besig om mekaar te jaag in die gang af en die volgende
oomblik KADAW...die kleinste enetjie is full force in die glasdeur
vas. Dit moes baie seer gewees het, maar om dit in aksie te sien:
priceless, for everything else there is Mastercard. Na hierdie
'vermaak' verby is het ek besef hoe graag ek 'n bed soek. Ek het al
baie daaraan gedink, maar vandag dink ek het my oortuig om dit te
patenteer as dit nog nie bestaan nie: slaapsale. Daardie kere wat jy
so moeg is in 'n winkelsentrum (of lughawe) en 2 ure het om te spaar?
Wat kan beter wees as 'n klankdigte kamertjie wat jy kan uithuur? Ek
sal maar die besigheidsplan moet begin aanpak.
Dit is nou 23:40 en my hotelkamertjie kyk op die straat uit. Hierdie
tyd van die nag klink dit nog soos New York taxi's op steroïdes. Seker
maar deel van die siel van Afrika. Hiermee skop die derde been van AOH
dan af!

1 comment:

  1. Woohoo! Bly jy is nou uiteindelik ook (veilig) daar!

    Ek het gemengde gevoelens oor die feit dat jy jou eerste aand in Afrika in 'n hotel slaap!?! Anyway, het jy roaming sodat ons kan in check elke nou en dan...om fake diefstal emails te vermy en so aan...:)

    Sterkte en geniet dit baie!

    ReplyDelete