Thursday, June 18, 2009

Lodie - Soedan

Ons is in die Soedan.

Oor Ethiopië het ek baie gemengde en botsende gevoele gehad. Toe ons gister oor die grens in Soedan is, het daardie selfde gevoelens wat ek verlede jaar op my motorfietstoer in Soedan gehad het, weer oor my kom lê.

Vrede.
Rustigheid.
Lekkerte.

Soedan, die land wat oor so baie verkeerde redes in die nuus is, is besig om my my nommer 1 land vir reis te word.

Dis 'n harde land vir reis, baie onvergewend wat dom optrede betref, maar die land het iets wat my trek.

Gisteraand het ons deur die markstraatjies van Gedaref gaan stap. Ek het nie gegril soos ek in Ethiopië gegril het nie. Ek het tuis gevoel.

Ek sien uit na die tyd in Soedan. Ek gaan later meer skryf. Ons gaan nou gou nog Marizanne se berigte en foto's oor die vorige dae oplaai.

Groete uit Gedaref!

No comments:

Post a Comment