Sunday, June 28, 2009

Lizelle: Myth busters al die pad


Sou ek alles moes neerskryf, sou julle tot volgende jaar moes wag. Of miskien langer.
Ek weet nie hoe beskryf 'n mens die "oortreffenste-ste-ste" trap van gasvryheid nie. Ek het hier reeds in een week soveel geleer. Eendag, wanneer julle self hier is, sal julle verstaan.
Ek dink ek kan eerlik se dat "myth buster" ver sou gewen het as ek hy hier moes speel.
Soedan is mos net warm, net oorlog, sku en bar. 'n Land wat jy nou maar moet deurgaan om by Egipte te kan uitkom.
Hmmm. Toe nou nie.






Ons is deur die polisie langs die pad verbied om na die Meroe piramides toe te gaan. Hulle het vir Lodie in gebaretaal verduidelik dat hulle ons sou toesluit. Wetsgetrou het ons toe maar net van die pad af gekyk. Toe kom die juweel van 'n oomblik op 'n donkie verby.


Die hoogtepunt my dag was gewoonlik wanneer ons 'n onbeplande paadjie gekies het om te sien waarheen dit sou lei. Hierdie spesifieke dag het Lodie hierdie mense gevra of ons ons tente op hul plaas kon opslaan. Ons het in die binnehof met sterredak geeindig. Ek en Anja het op 'n kol die manne getel. Ons gasheer het van die boere in die omgewing genooi en met Lodie was daar 14 mans. Dames: Net ek en Anja. Die ander vroue het stil-stil verdwyn. Kos, tee en water is aangedra en so onder die hemele het ons 'n Soedanse sepie gekyk. Die TV is bietjie harder gedraai toe ons 'n ontpoffing gehoor het. Ons weet steeds nie wat die was nie, maar ons het rustig geslaap.


Ek het ook 'n bok gemelk. Hulle laat dit maklik lyk. Ons het chai (tee) met hierdie melk gekry om te drink.



Ons kon net nie verby hierdie skooltjie ry nie. Weer eens is ons genooi om in te kom.




Self-gereelde kameelrit. Ons het einlik gestop om iets te drink.




So op die warm middag het ons weer net 'n paadjie gevolg en onder 'n boom se skadu gaan sit. 'n Boer het verby gekom en gewys dat ons hom moes volg. Weer eens is ons verras deur die mense se gasvryheid. Wildvreemdes word in sy "lapa" met water en beddens ingenooi. Tee en vruggies wat bietjie oud lyk, word aangedra. Die vruggies was dadels!!! 'n Fees!

Schmodel Andjaa. (Or as she would say, Schmutziges Schmodel Andjaaa.)

3 comments:

  1. Ek wens SO graag ons kon hierdie hele ding almal saam doen...:(

    ReplyDelete
  2. Flippit, ja, dit sou AWESOME gewees het.

    ReplyDelete
  3. Ek het nooit gedink dat 'n paar fotos van Noord-Afrika my so kon insluk nie. Mens kan jou amper nie voorstel dat iets so ver so droog en warm kan so asemrowend wees nie. mens wil net daar wees.Wanneer kom julle terug?

    ReplyDelete