Sunday, June 21, 2009

Lizelle: Sudan, Khartoum


Goeie dag mede reisigers!

Ek kan skaars glo die 4de deel van die toer is aan die gang en dat dit nou (uiteindelik) my beurt is! Wat 'n voorreg.

Tot dusver is die meeste klem gelê op die skryfwerk van die blog, maar my manier van "oordra" kom meer in die vorm van 'n foto voor. Lizelle-taal.

Ek sit nou en tik hierdie blog en ek kan nie glo ek is nog nie eers 24 uur in Sudan nie. Soveel het al gebeur!

Van Lodie wat my tas sneeky-sneeky steel op die lughawe, Anja ontmoet, 'n heerlike ontbyt, "my 10minutes of fame" vir die Sudan TV, lunch in die agterstrate van Khartoum, die mees afneembaarste gesigte, die vriendelikste glimlagte, 43'C, mense-mense, gasvryheid wat na in 'n ander hoogte geneem word tot foto geleenthede orals waar jy kyk.




'n Waaier word baie vinnig 'n goeie vriend.





Verlede jaar se Naboom2Germany is nog daar! Lodie het Africa our Home bygevoeg. Lodie se hart het trots geklop.

Voor die Sudan National Museum waar Sudan TV ons afgeneem het. Hierdie was deel van die Sudan TV span. Hy het glad nie omgegee dat hom afneem nie, maar in ruil wou hy my ook afneem!







Let asb op na spelling. bv:
Sandwetchus
Berger




Alles is vol stof.


Hierdie koeldrakdoppies is vir jou Inge! Is net buite 'n winkeltjie afgeneem.





Nog stof.


Lodie vra 'n "randon" persoon waar hy ook die wit klere kan koop wat die mans dra. Sudick het nie 'n oomblik geskroom om te help nie en ons is saam hom af in die pad. Daar koop Lodie toe vir hom sy wit gewaat.

Anja begin bietjie uitvra oor die vrouens se klere en die man besluit toe dat sy dogter ons beter sal kan help en nooi ons na sy huis toe! Daar is ons tot na sononder gesit en gesels en ons is beter as konings behandel. Yskoue water, coke en lekkers word aangedra. Tee word voorgestel en 'n waaier word so geplaas sodat dit op ons waai. My mond het oopgehang, om die minste te sê.



Sjoe, wat 'n dag. Sudan is soveel anders as wat ek hom in my kop gebou het. Ek kan nie wag om te sien wat môre inhou nie!

8 comments:

  1. Ek love dit!
    Ek love dit!
    Ek love dit!

    Stunning!!!!

    ReplyDelete
  2. Jy is begaafd... O my greatness.

    ReplyDelete
  3. Hi Lodie, Anja and Lizelle,
    Enjoy the most wonderful part of the trip, the deserts, the camels, the waterholes, the dry carcasses along the road, the wonderful hospital friendly people of SUDAN.
    I am reliving every moment of my trip on a little yellow VESPA last year. Where I met Lodie in Wadi Halfa after being told about him in Etiopia by Anja and Anna.
    It was just such a remarkable experience to fin a little boy wo told us that Lodie had dinner with them one day before.
    Then the surprise on Lodies face when I greeted him in Afrikaans and by name.
    Dankie Lodie
    Jy was 'n wonderlike maat op my reis.

    Liefde en alles wat mooi is vir julle drie op die kaaste skof!!!

    Sib

    ReplyDelete
  4. Hi Lodie,
    net iets wat nou by my opgekom het,
    Vandag presies 'n jaar gelede (my 40ste herdenking van my troue) het en en my twee kinders NIc en Eliabet my missie voltooi met die scooter in NORDKAPP NOORWEE.
    Net die beste vir julle reis vorentoe.

    Sib

    ReplyDelete
  5. Hi Zel, sjoe, dit lyk so opwindend! Ek sien so uit om al die stories te hoor!! Jy moet dit so baie geniet en my quote vir jou is "don't think, just shoot!"

    Jy's 'n super fotograaf en you're gonna reach the stars!! Sien uit om nog te sien..en nounou met Theresa gepraat toe vertel sy my van mense wat in Morocco in hegtenis geneem is..maar julle is nie daar nie reg?? Ons is nou so bietjie geworried. Laat weet asb als is ok..

    Enjoy! En stunning fotos!! Go ZEL!

    ReplyDelete
  6. Zellie, jou photies lyk sommer spoggerig soos altyd - hou so vol - en bring 'n mooi photie saam wat jou aan my laat dink het, groete en lievde Maré

    ReplyDelete
  7. hey, jy lyk jonger!!! en dit lyk soos 'n ander wêreld, ek neem aan dit is ook 'n ander wêreld

    ReplyDelete