Wednesday, September 16, 2009

Uiteindelik!

Na twee en 'n half maande oor Afrika en een en 'n half maand op die see het ek uiteindelik die Toyota terug!

Tuesday, September 15, 2009

Weersiens met die Stellenboschers

Ek het Sondagaand Lizelle en Marizanne in Stellenbosch gesien. Dit was lekker, en vreemd om hulle in dik klere toegewikkel te sien.
 
Ek gaan die Toyota Woensdag 16 September in Durban haal. Ek sien uit daarna om weer daarin te ry!

Thursday, August 6, 2009

You can't see all the posts of the Africa our Home team?

For some reason MS Internet Explorer has difficulties in showing all the posts.

Consider to use the better Mozzila Firefox browser. It can be quickly downloaded from http://af.www.mozilla.com/af/ (.) If you are Afrikaans speaking it will be in Afrikaans!

Regards
Lodie

Sunday, August 2, 2009

Auf wiedersehen von Inge!

Na maande se beplanning, voorbereiding en 'n warrelwind van emosies is ons reis amptelik verby. Dis lekker om by die huis te wees, maar jy weet 'n deeltjie van jou sal altyd bly daar waar jy orals was. Dit bring my vlugtig na hierdie punt:

'n Spesiale dankie aan elke liewe mens wat hierdie projek moontlik gemaak het. Dit was 'n ongelooflike voorreg om hiervan deel te wees! Ek gaan'n reël breek en twee foto's opsit (jammer!!). Danksy Lodie, Anja, Annami, Marizanne en Lizelle het ek nou 'n deeltjie van 9 van Afrika se mooiste lande reg hier by my. Dankie vir julle bydrae tot my groeiende doppie versameling. Julle het saam 'n whopping 128 vir my terug gebring:


Dit bring my dan na my tweede en laaste punt. Ek het in 16 dae deur 6 van Afrika se mees tropiese en mooiste lande gereis. Dit was vir my moeilik om dus vriendskappe aan te knoop, want ons was nie juis lank op een plek nie. Daar was egter een persoon, op een dag wat 'n impak op my gemaak het. En dit is die pragtige drie-jarige dogtertjie, Thuli. Hierdie dogtertjie met die geskeurde feetjie-rok het vir my Afrika opgesom: arm, mooi, liefdevol...en word aan die lewe gehou deur toerisme. As ek dink aan Afrika, dan dink ek aan Thuli en hoe sy na my opstaar met haar hande propvol lewendige sprinkane...


PS: Sy het dit ook reg gekry om my handeviervoet te laat staan en soos 'n leeu te brul...Lodie het dit nie op video nie, moet hom nie eers vra nie...;-)

Annami salutes Africa



Vliegmakietie
Annami Mailovich

die kleintjie met die snotneus-lip
se glimlag lê in haar gees
en in die stappie met ’n skoppelmaai-wip

die vlieë hou makietie
en die dogtertjie lag
sy skater eintlik ’n deuntjie

selfs waar die wind nie waai
sal Afrika haar liefie
(haar dogtertjie)
in die lug rondswaai

die vlieë hou makietie
en die kindertjies blý lag
hulle sing vir mamma ’n liedjie

waar die water stop
waar die moed begewe
is dit háár kinders wat aanhou lewe

die vlieë hou makietie
die ogies begin water
maar die hártjies hou aan lag

Marizanne post-AoH

"This is me, take me as I am and don't judge unless you've heard my full story"

Afrika = anders+veilig+ryk ervaring+rustig +hartseer+snaaks+nie gejaag na wind+vuil+potensialiteit+kontrastrerend+vriendelik+warm+opwindend
+verrassend+verfrissend+sonder pretensie.


Lizelle aan die woord:

Nou ja. Ek kan skaars glo hierdie is die koebaai van die eerste AOH.

Soos Lodie in 'n mail geskryf het: "So het maande en maande se uitsien en beplanning gerealiseer, en nou is dit verby."

Sommer net so.

As mense my vra hoe die trip was, kan ek net sê: "'n Belewenis wat my as mens verander het."

Dan is die volgende vraag: "Wat was die hoogtepunt?"

Dan ek kan met baie sekerheid sê: "Soedan se mense."

"En dit laagtepunt?"

"Egipte se mans." (Nie almal nie, maar die overall. As ek maar mag veralgemeen.)

Toe sê iemand: "Maar jy sê dan net 'die mense.'"

Dis toe ek dit ook die eerste keer so besef. Dit is die mense.

Ek die mooiste natuurskoon gesien. Ek het onder die sterre geslaap, die White dessert het my tone gebrand, ek het die Nyl gesien sonder om te kan sien waar dit begin of eindig, ek het bokke gemelk, kameelmelk in tee gedrink, die kameel gery, kosse leer liefkry wat ek nie geweet het bestaan nie, vars dadels geeet, die "deuntjie toeters" van die busse leer liefkry, die son rooi sien sak oor Soedan, die son mooi sien verdwyn agter die piramiedes en soms in die woestyn kon ek my oë toemaak en daar was net eenvoudig doodse stilte. (Behalwe die bloed in jou ore wat jy kan hoor.) Dit alles was wonderlik. Regtig-egtig wonderlik. Maar op die ou end was dit die mense. As jy oor 50 jaar weer vir my moet vra, mag ek dalk al baie van die detail van die roete vergeet het, maar daardie mense het iets gedeel wat aan my hart kom kleef het.

Dit bring my uit by my "foto van die trip."

Ek dink julle gaan verras wees oor my keuse, maar dis vir my soos 'n simbool van dit wat ek in my hart voel:




Ek het gewonder hoe dit gaan wees om weer terug na die "normale lewe" te keer, maar ook besef ek het iets gemis terwyl ek weg van die huis was.

My mense.

Ek het vir my ma in die Karoo gaan kuier en teen dit tyd wat ek terug Stellenbosch toe moes gaan, het sy vir my die volgende gegee:




Lodie: And the greatest is ...

It was a Friday morning during May when we visited the primary school in Turbi, Northern Kenya.

At that school the terrible massacre that left more than 80 people dead, started on 12 July 2005.

The dark clouds hanging over the area contributed much to the somber mood between us three AoH team members.

Early morning on the 12 July 2005 twenty two pupils left home to go to school. They never returned home. Their blood stained the Africa dust and soil.

On the one wall was the school logo: ENDURE THE PAIN TO EMBRACE THE GAIN

What motivates a person to keep on loving a country, a continent, enduring the pain for a gain that may realise, or not?

That night in Moyale I looked through my photographs. I took a picture of an old Kenyan man at a roadside shop a few days earlier. He sat in the shade, contempt. His hands were folded on his lap. His smile never left his wrinkled face.

One of the photographs was of his left hand. I noticed an engraved word on his ring. I enlarged the photograph to read the word.

LOVE

And then I realised why I cannot leave this continent.

It is the love to this piece of earth where I was born.

It is the love shown to us by many strangers we've met during our long journey up to Egypt.

It is the love shown to us in Sudan when people offered us food, water and sheltering without expecting anything in return.

I hate you I love I hate you I love you because you are my home.

Thank you Africa, thank you for bringing us home safely.

Anja


Ein Traum ist in Erfuellung gegangen, die Reise nun vorbei, aber meine Gefuehle sind noch immer warm! Ich habe eine unglaubliche Herzlichkeit und Hilfsbereitschaft von fremden Menschen erfahren, Freude und Zufriedenheit in den Gesichtern "armer" Menschen gesehen und bin dabei durch wunderschoene Laender gereist. Nie war ein Gefuehl von Angst da. Nie spuerte man Abneigung. Man ist beschaemt, wenn man sich seines Verhaltens Zuhause besinnt. Nach den Erlebnissen ist einem klar, dass die Menschlichkeit das A und O ist. Es waere schoen, wenn sich jeder dessen wieder besinnen wuerde!
Danke an meine lieb gewonnen Reisegefaehrten Inge, Annami, Marizanne und Lizelle!
Danke ganz besonders Dir Lodie!
Es war klasse mit Euch!
Danke auch an die vielen Menschen, die wir kennengelernt haben und die diese Reise zu AFRICA OUR HOME gemacht haben! Meine groesste Bewunderung und Dank gilt hier dem Sudan!
Es war wunderschoen und es ist wieder ein Traum, es zu wiederholen :-)
Anja

Tuesday, July 28, 2009

Die Einde van Africa our Home I

Ons almal is terug in die land en vries ons tone af na die hitte van die Sahara.
 
Ek het gister bevestiging ontvang dat die Toyota se skip uit Egipte vertrek het. As alles goed gaan, behoort die bakkie 5 September in Durban aan te kom.
 
Nou kom nog een lekkerte. Hou die blog Sondagaand dop. Elkeen van ons gaan 'n foto wat vir ons baie beteken (dit gaan nie noodwendig tegnies 'n "goeie" foto wees nie) en 'n slotgedagte oor AoH I op die blog sit. Ek sien daarna uit om die dames se gedagtes te lees en daardie besondere foto te sien.
 
Ek sukkel steeds om my gees terug in my liggaam te kry. Dit sweef êrens oor die woestynvlaktes van Noord-Afrika ..

Friday, July 24, 2009

Emirates

After weeks of heat, dust and dirt Emirates was the airline that brought the last 3 members of the team home from Cairo.

Not only did Emirates fly us home, all 3 of us were upgraded to FIRST CLASS!

From the Africa our Home team a big thanks to EMIRATES!

Thursday, July 23, 2009

Afskeidsfoto van Kairo

Ons was vanaand weer by die piramides. Die is my afskeidsfoto van 'n wonderlike stad en wonderlike land (behalwe die sharks met hul opgeblase pryse)

Eet en drink in Kairo

'n Koppie tee met vars kruisementblare is vyfster.

Of 'n glas melk, gemeng met 'n bietjie suiker en natuurjoghurt.

Elke paar meter is 'n plek waar lekker broodjies met vleis, soos 'n Doener kebab, gekoop kan word. Die oorspronklike vars vleis hang dikwels sigbaar. Of dit goed is ...

Skande dat so iets stinkend voor 'n kitskos eetplek gegooi word. En dan wys 'n blink man in 'n blink motor dat ek dit nie mag afneem nie. En wie is die skuldige?

Die kolonel in downtown Kairo. Marizanne, stuur maar die foto's aan die kolonel se hoofkantoor.

Wednesday, July 22, 2009

Kairo, die grootste stad op die Afrikakontinent

Kyk na die man se gebedskolletjie op sy voorkop. Wanneer die mans bid, vyfmaal per dag, bid hulle gereeld met die voorkop op die warm grond. Die meerderheid mans het die kol op hul voorkop.

Dit was vroegoggend en sy het slapend by haar stalletjie gesit. Hoe vroeg moes sy opstaan?

Egiptiese museum

Op een van die baie brue oor die Nyl. Kairo is vir my 'n mooi stad, as dit net nie vir die baie motors was nie ...

Monday, July 20, 2009

Hotel Windsor, Kairo

Ek dink die sirkel is voltooi.

Ons het laatmiddag uit Alexandrie weer in Kairo aangekom.

Verlede jaar was die Windsor my tuiste vir drie dae. Dit is in downtown Kairo. Die gebou is vaal, onaansienlik, glad nie uitnodigend nie maar heelwat goedkoper as enige ander goeie hotel.

Voor die hotelletjie staan stoele en tafels uitgepak tot in die straat wat tweerigting verkeer dra maar nie eers wyd genoeg is om een groot motor te laat deurry nie. Hier sit die manne. Oud. Minder oud. Jonk. Langs elke tafeltjie staan 'n waterpyp. Saam met die waterpyp kry jy nog 'n koppie vars tee met kruisementtakkies wat jy afbreek en in die tee gooi. Na so twee minute haal jy dit uit en laat die verlepte takkie langs die koppie op die silwer skinkbord le.

Ek het verlede jaar my enigste e e n s a m e dag hier beleef. Toe het ek by die Egiptenare gaan sit en tee gedrink en 'n waterpyp met appelgegeurde tabak ge-"puff".

Vroegaand vandag het ek dieselfde weer gedoen. Dit was lekker. Een van die werkers het my herken en sommer die waterpyp driekeer kom herlaai. Die tee was lekkerder as verlede jaar. Die mannetjieskatte patrolleer nog steeds hulle kant van die straat en blaas vir die indringers. Straatverkopers met sonbrille en papiersakdoeke en penne verpes jou steeds om iets van hulle te koop.

Dis toe dat die besef hom in my kom tuismaak het. Ek moet nog eenkeer met die KLR hiernatoe kom. Nog net eenkeer.

Wat die Windsor betref, dit was al tuiste vir talle rolprentsterre, en etlike Hollywoodfilms is al in die ou afgeleefde dame geskiet.

Haar gloriedae is verby, maar die herinneringe hang nog in swart-en-wit foto's teen die mure.

Ek voel soos die Windsor lyk. Ek het in Khartoem opgehou skeer en is verbaas oor hoe wit my baard is. Soos die Windsor is baie dinge net herinneringe. Maar ek weet ek moet nog weer eenkeer hier kom sit met 'n koppie kruisementtee terwyl ek na my motorfiets sit en kyk.

En ek moet dit doen voor ek nie meer op my motorfiets kan kom nie!

Saturday, July 18, 2009

Uiteindelik!


Een van die baie plekke waar ons Saterdag moes sit en wag sonder dat ons geweet het hoekom.


Die Toyota is veilig in sy "container"!

Na nog 'n lang dag in die son is alles klaar gereel. Ek het lanklaas soveel toonbanke en vorms en stempels en niksdoen en moeilikwees gesien soos die laaste paar dae.

Daar is more 'n skip maar ek weet nie of ons betyds klaar was met alles nie.

Die skip maak 'n wye draai oor Israel, Turkye, Engeland, Holland, Duitsland en dan Suid-Afrika toe! AS, groot as, die Toyota wel op more se skip sou wees, sou dit eers 29 Augustus in Durban aankom.

Die "container" is 'n 20 voet houer. Die Toyota is alleen daarin. Ek voel gerus dat die bakkie goed beskerm is teen alle elemente.

Ek moes al die vensters ooplos. Anja het droogweg opgemerk dat as die skip sou sink, die bakkie gouer kan sink.

En so gaan die Toyota sonder visum Duitsland toe ...

Thursday, July 16, 2009

Alexandrië o Alexandrië

Ons is nou in die noordelike hawestad Alexandrië in Egipte. Die bakkie moet van hier af terug Suid-Afrika toe verskeep word .
 
Die stad is in 334 v.C deur Alexander die Grote gestig en was vir meer as 'n duisend jaar die hoofstad van Egipte. Na Kaïro was die stad 'n salwende verrassing met baie skoner strate, baie groen parke, 'n meer ontspanne atmosfeer, en heelwat koeler weer as wat ons die vorige weke beleef het.
 
Alexandrië is ook die stad van Cleopatra en Anthony se groot liefde en waar sy selfmoord gepleeg het deur 'n slang haar te laat pik. Het Cleopatra se slang egter eerder die burokrasie hier kon pik sodat dit 'n voortydige dood kon sterf!
 
'n Privaatvoertuig in Egipte bly 'n nagmerrie. Dit neem 'n paar dae om dit in Egipte toegelaat te kry. Om dit uit die land te kry, 'n ewigheid.
 
Die goedkoopste moontlikheid om die bakkie in SA terug te kry, is eers met 'n skip tot in Duitsland waar dit dan na 'n ander skip oorgelaai word wat Durban toe gaan.
 
Vandag het ons burokrasie in sy suiwerste vorm beleef. Ons moes 'n reeks goedkeurings by verskillende staatskantore kry om weer die voertuig uit die land te neem .Die vervoermaatskappy het ons een van hul werkers geleen om te tolk en ons die pad te wys.
 
By die eerste staatskantoor het 'n norse ou vrou geweier om 'n sertifikaat uit te reik. Sy wou 'n brief in Arabies hê waarop staan tot wanneer ons in Egipte mag wees. Die visum alleen is nie voldoende nie.Ons is onverrigter sake daar weg.
 
Toe na die verkeerspolisie toe. Hulle moes 'n sertifikaat uitreik dat ons geen uitstaande boetes het nie. Ook hier het ons lank moes baklei. Hulle wou eers dat die kantoor in Aswan, byna 1 000 km verder suid, die sertifikaat uitreik want dis Aswan wat die bakkie geregistreer het. Ander SA reisigers het al tot 'n week hier vir daardie sertifikaat uit Aswan gewag. Ons kon later die polisieman oortuig om sy handtekening te gee.
 
Daarna is ons hawe toe vir die eerste deel van die doeanewerk. Daar het almal op almal geskreeu en mekaar uit die kantore gejaag. Ons het niks verstaan nie en die hele tyd soos idiote gestaan en geglimlag tot die skreeusessie verby was.
 
Hier het die volgende slegte nuus ons getref: Die bakkie moet leeg wees. Hoe reis mens oor Afrika en gee 'n leë bakkie af? Wat van al die toerusting, tente, kanne, potte ens.? Dis onmoontlik om al daardie goed per vliegtuig saam te neem Suid-Afrika toe.
 
Dis op daardie stadium wat ek my ou vriend Johannes 'n sms gestuur het dat terugry 'n al hoe groter moontlikheid word.
 
Ons het vandag nie met al die papierwerk kon klaarkry nie. More is dit Vrydag, hul Sondag, en dan is alles toe. Ons kan eers weer Saterdag verder met die werk gaan.
 
Dan moet nog oor die bak vol toerusting uitsluitsel verkry word.
 
Of miskien moet ek omdraai en terug oor Afrika ry ....
 
Groete uit die verre noorde van Afrika.
 
 

Tuesday, July 14, 2009

Totsiens Lizelle!

Lizelle het Dinsdagaand terug gevlieg Suid-Afrika toe. Dit was 'n heerlike drie weke met haar. Haar passie vir fotografie ... is daar woorde wat dit werklik kan beskryf? Haar foto van die toer? Vir my die hartseer ouma in Noord-Soedan.

Lizelle, ek sien uit na die weersiens!









Ons reis in 1 000 km dele


1 000 km: Hwange Nas. Park, Zimbabwe

2 000 km: Zambie / Zambia

3 000 km: Malawi


4 000 km: Tanzanie / Tanzania

5 000 km: Noord-Kenia, net voor die ewenaar / Northern Kenya just before the equator.

6 000 km: Ethiopie / Ethiopia

7 000 km: Ethiopie / Ethiopia

8 000 km: Soedan / Sudan

9 000 km: Soedan, Nubiese woestyn / Sudan, Nubian desert

10 000 km: Egipte, Westelike woestyn / Egypt, Western Desert

11 000 km: 10 vingers plus een waterbottel, Noord-Egipte / 10 fingers plus one water bottle, Northern Egypt

Monday, July 13, 2009

Die einde van AoH 1, en die begin van 'n nuwe AoH 2?

Giza, Egipte / Egypt / Aegypten

Van vandag af is Africa our Home 2009 'n herinnering.

Afrika was goed vir ons, sy mense menslik.

Baie dankie Anja, Inge, Annami, Marizanne en Lizelle! Julle het met woorde en foto's Afrika se storie vertel. (Marizanne se woorde)


From today Africa our Home 2009 is only a memory.

Africa treated us well, its people were human.
Thank you Anja, Inge, Annami, Marizanne and Lizelle! With words and pictures you were the tongue of Africa.


Ab heute ist Africa our Home 2009 eine schöne Erinnering.

Afrika war gut zu uns, seine Menschen menschlich.

Vielen Dank Anja, Inge, Annami, Marizanne und Lizelle! Mit Wort und Bild habt Ihr für Afrika gesprochen.

Sunday, July 12, 2009

Lizelle: Western Desert II

Ons het by die moooooooiste plek oornag. (Dis hier waar ek die post gelaai het waar die spinnekop rond gehardloop het.)
Daar is berg en sand en voetspoortjies en 'n "warm water oog" en sagte lig wanneer die son onder gaan en en en. 




Die dorpie het 'n ou historiese dorpskern met ou geboue.
Hier is die moskee. Dit het nog mooi behoue gebly.

Groot dele lyk so:

Hierdie is sommer so uit die venster geneem. Dis net sand en sand en sand. Lodie se soms goed is "kop foto's." Dit kan net nie met die kamera vas gevang word soos 'n mens dit beleef nie. Hierdie was een van daardie gevalle.

Lekker-lekker-lekker. Ek is nie 'n groot coke/pepsi mens nie, maar wanneer dit so warm is en 'n mens sien damme water langs die pad wat nie daar is nie, dan gaan dit goed af.

Hier het ons gerus vir die aand.

Hierdie is toe die son opgekom het! Ons het besluit om vroeg te ry, aangesien ons deur die "white desert" gery het. Dit was waarlik ongelooflik...of eerder gelooflik...mooi.








Hier is ons die eerste keer in 'n lang ruk weer tee by 'n huis aangebied, terwyl ons in die strate gedwaal het.



Hier word die meeste voertuie versier, vanaf motorfietse tot die groot trokke!


Wat is 'n post nou sonder 'n donkie foto????
:-)

Update:
Ons is veilig in Kairo! Maar ons het nog nie die piramides besoek nie, ons doen dit more oggend vroeg. Verleng ons dalk die einde?