Monday, June 29, 2009

Lizelle: Mense-mense

Ons afdraai paadjie het langs die Nyl geeindig. Ons tente was reeds opgeslaan, maar hierdie man en sy familie het besluit dat ons baie beter sou slaap op hulle beddens, by hulle huis. Hy was trots op sy huis en toe die son gesak het, het hy dit vir ons gewys en 'n mens kon sien hy waardeer die mooi van waar hy woon. Dit was vir my mooi.



Ons het hierdie dag baie woestyn gesien. Ek wou dit graag vasvang en Lodie het bietjie off-road gegaan. Heheee. Ons het toe vasgesit, maar dit was van korte duur, want Lodie en Anja weet van bande afblaas.



Terwyl Lodie weer die bande moes op pomp, het ons hierdie warrelwind gesien!
Nee, ek speel sommer! Anja het die sand in die lug gegooi en ek het te lekker afgeneem.


Lekker koue sap, na 'n warm dag by 'n local winkeltjie.


Lodie het verlede jaar ook by hierdie mense gewoon. Hulle het dit so geniet om van hulle fotos in sy boek, Noord van Naboom, te sien. Nie almal was daar nie. Baie mense gaan na die stede soos Khartoum om te gaan werk. Die paaie word met 'n spoed gebou. Waar Lodie verlede jaar slegs grondpad gery het, is daar nou al groot dele geteer. Ons het steeds meeste van die tyd by die grondpaaie gehou. Dis waar al die lekkertes ontdek word.

Hierdie vrou, Faiza, het vir ons haar graad gewys. Sy kon gebroke Engels praat en het vir ons tee gemaak en kos aangebied. Sy het gese sy voel nie so lekker nie. Meer kon ek nie verstaan nie.


Anja gooi water oor haar kop uit. Waar jy ookal gaan staan daar erdekruike met water. Dis ongelooflik hoe koel dit bly.


Hierdie aand se oorslaap het nog 'n "ste" by gasvryste gevoeg. Met ons aankoms het die boer (wat besig was om te werk in 'n land) ons met ope arms nader geroep en in sy huis in genooi. Teen die tyd wat ons by sy huis aangekom het was daar 'n klomp vrouens en almal het ons met groot smiles, handdrukke en baie en vinnige Arabiese woorde gegroet. Ek het lanklaas soveel energieke klomp mense beleef. Die een meisie het my wenkbroue bekyk en bevoel terwyl 'n ander vra of ons al geeet het. Ek het my eerste vis hier geeet. Vars uit die Nyl. Daarna is weer chai en water aangedra en ons dames het lekker-ruik-water vir ons vis-hande gekry:


Die oupa en die ouma was soos die gom in die familie. Hulle is lief vir mekaar en selfs al verstaan ons nie hulle taal (of gebare taal) nie, kom jy agter hoe hulle met mekaar spot. Hulle lag baie.


Hier is hulle albei. Oupa sit op een van die kamp stoeltjies en ouma het haar smile ingesluk vir die foto. Sy hou daarvan om afgeneem te word, maar smile nie vir fotos nie.

Teen die tyd wat ons moes baai-baai se, was almal se hartjies maar bietjie seer. Lodie het gese dat om 'n reisiger te bly moet jy aanhou reis. Dit maak sin.



Ouma se trane het behoorlik gerol toe sy vir Anja groet. Toe ons wegry, het sy langs die bakkie gehardloop, met twee hande gewaai en aanhoudend iets in Arabies gese. Hulle het vinnig in ons harte gekruip.


'n Sudan-bus. Gewoonlik in SA wil ek bo in die busse sit. Maar ek dink nie in Soedan nie.


Nog 'n stop by mense waar Lodie verlede jaar was. Hier wys hy vir hulle van die foto's in sy boek wat hy in hulle dorpie geneem is.


Hierdie tannie se man (wat ook in die boek is) is intussen oorlede en toe Lodie vir hulle die foto wys om te vra na hom, was hulle baie hartseer. Daar is 'n groot moontlikheid dat hulle nie eers 'n foto van hom het nie. Die kleindogter het toe 'n foto met haar selfoon probeer neem van die foto in die boek.


Sy het ook vir ons afgeneem. Ek hou daarvan. Die lens draai vir 'n slag. Ek sien uit om eendag 'n boek te sien van wat die mense neem van die toeriste.



Dit is regtig baie warm in Soedan, maar net om vir julle te wys dat ons nog 100% is:

Sunday, June 28, 2009

Lizelle: Myth busters al die pad


Sou ek alles moes neerskryf, sou julle tot volgende jaar moes wag. Of miskien langer.
Ek weet nie hoe beskryf 'n mens die "oortreffenste-ste-ste" trap van gasvryheid nie. Ek het hier reeds in een week soveel geleer. Eendag, wanneer julle self hier is, sal julle verstaan.
Ek dink ek kan eerlik se dat "myth buster" ver sou gewen het as ek hy hier moes speel.
Soedan is mos net warm, net oorlog, sku en bar. 'n Land wat jy nou maar moet deurgaan om by Egipte te kan uitkom.
Hmmm. Toe nou nie.






Ons is deur die polisie langs die pad verbied om na die Meroe piramides toe te gaan. Hulle het vir Lodie in gebaretaal verduidelik dat hulle ons sou toesluit. Wetsgetrou het ons toe maar net van die pad af gekyk. Toe kom die juweel van 'n oomblik op 'n donkie verby.


Die hoogtepunt my dag was gewoonlik wanneer ons 'n onbeplande paadjie gekies het om te sien waarheen dit sou lei. Hierdie spesifieke dag het Lodie hierdie mense gevra of ons ons tente op hul plaas kon opslaan. Ons het in die binnehof met sterredak geeindig. Ek en Anja het op 'n kol die manne getel. Ons gasheer het van die boere in die omgewing genooi en met Lodie was daar 14 mans. Dames: Net ek en Anja. Die ander vroue het stil-stil verdwyn. Kos, tee en water is aangedra en so onder die hemele het ons 'n Soedanse sepie gekyk. Die TV is bietjie harder gedraai toe ons 'n ontpoffing gehoor het. Ons weet steeds nie wat die was nie, maar ons het rustig geslaap.


Ek het ook 'n bok gemelk. Hulle laat dit maklik lyk. Ons het chai (tee) met hierdie melk gekry om te drink.



Ons kon net nie verby hierdie skooltjie ry nie. Weer eens is ons genooi om in te kom.




Self-gereelde kameelrit. Ons het einlik gestop om iets te drink.




So op die warm middag het ons weer net 'n paadjie gevolg en onder 'n boom se skadu gaan sit. 'n Boer het verby gekom en gewys dat ons hom moes volg. Weer eens is ons verras deur die mense se gasvryheid. Wildvreemdes word in sy "lapa" met water en beddens ingenooi. Tee en vruggies wat bietjie oud lyk, word aangedra. Die vruggies was dadels!!! 'n Fees!

Schmodel Andjaa. (Or as she would say, Schmutziges Schmodel Andjaaa.)

Tuesday, June 23, 2009

Lizelle - Sneak preview











Ons het ons eerste woestynnag agter die rug, gaan eers weer Sondag internet hê. Wotch thees speis vor stenning storis! (end de kiekies)

Sunday, June 21, 2009

Lizelle: Sudan, Khartoum


Goeie dag mede reisigers!

Ek kan skaars glo die 4de deel van die toer is aan die gang en dat dit nou (uiteindelik) my beurt is! Wat 'n voorreg.

Tot dusver is die meeste klem gelê op die skryfwerk van die blog, maar my manier van "oordra" kom meer in die vorm van 'n foto voor. Lizelle-taal.

Ek sit nou en tik hierdie blog en ek kan nie glo ek is nog nie eers 24 uur in Sudan nie. Soveel het al gebeur!

Van Lodie wat my tas sneeky-sneeky steel op die lughawe, Anja ontmoet, 'n heerlike ontbyt, "my 10minutes of fame" vir die Sudan TV, lunch in die agterstrate van Khartoum, die mees afneembaarste gesigte, die vriendelikste glimlagte, 43'C, mense-mense, gasvryheid wat na in 'n ander hoogte geneem word tot foto geleenthede orals waar jy kyk.




'n Waaier word baie vinnig 'n goeie vriend.





Verlede jaar se Naboom2Germany is nog daar! Lodie het Africa our Home bygevoeg. Lodie se hart het trots geklop.

Voor die Sudan National Museum waar Sudan TV ons afgeneem het. Hierdie was deel van die Sudan TV span. Hy het glad nie omgegee dat hom afneem nie, maar in ruil wou hy my ook afneem!







Let asb op na spelling. bv:
Sandwetchus
Berger




Alles is vol stof.


Hierdie koeldrakdoppies is vir jou Inge! Is net buite 'n winkeltjie afgeneem.





Nog stof.


Lodie vra 'n "randon" persoon waar hy ook die wit klere kan koop wat die mans dra. Sudick het nie 'n oomblik geskroom om te help nie en ons is saam hom af in die pad. Daar koop Lodie toe vir hom sy wit gewaat.

Anja begin bietjie uitvra oor die vrouens se klere en die man besluit toe dat sy dogter ons beter sal kan help en nooi ons na sy huis toe! Daar is ons tot na sononder gesit en gesels en ons is beter as konings behandel. Yskoue water, coke en lekkers word aangedra. Tee word voorgestel en 'n waaier word so geplaas sodat dit op ons waai. My mond het oopgehang, om die minste te sê.



Sjoe, wat 'n dag. Sudan is soveel anders as wat ek hom in my kop gebou het. Ek kan nie wag om te sien wat môre inhou nie!