Thursday, May 21, 2009
inge skryf: Dag 12
Dag 12, Dinsdag 19 Mei 2009
Gisteraand het ek baie vir Anja gelag. Van Lodie se vriende het dit nodig gevind om vir Anja die mooi taal wat Afrikaans is te leer. En hoe leer ‘n mens vir iemand Afrikaans? Jy begin by die vloekwoorde natuurlik. Terwyl Lodie die badkamer besoek het het ek en Anja gepraat oor die woorde wat hulle haar geleer het. Sy was self geskok toe sy die vertaling hoor. Ek verkies om nie die woorde verder te verkondig nie…ek weet nie hoe oud van die mense is wat die blog lees nie. Al wat ek wel sal sê is: “F.D.”. Ja.
So gepraat van gisteraand…ons het by die oulikste plek aandete geëet. Hulle beskryf dit as volg:
“Our restaurant, which incorporates the ruins of an old mud building, is famous for its authentic atmosphere and for the menu of fresh farm produce and garden herbs.”
En dit was presies net dit. Daar is absoluut geen elektrisiteit nie. teen die tyd wat ons reg was vir aandete was dit al donker. Ons het heel eerste by die kroeg, wat ‘n aparte geboutjie is, ‘n draai gaan maak. Dis basies ‘n hut wat ook met modder aanmekaar geslaan is. Binne was daar klomp klei potte met kole gevul, wat die vertek heerlik warm gemaak het. Die Old Farm House is in die bos, so dit was redelik koud gisteraand. By die barman het ons, wait for it, Brandewyn (per sachet) en Coke bestel. Dit was fantasties.
Die kos was ‘n storie op sy eie. Maar om dit net kortliks op te som was my bord ‘n reënboog van kleure: helder pienk beet, liggroen boontjies, donkergroen spinasie, goud gebraaide hoender met lemmetjiegroen kruie en ons glase vol rooiwyn. Hmmm.
Terwyl ons vir die nagereg sit en wag het (piesangtert, vars room en lekker koffie), toe vang iets my oog. Kyk, ek is nie ‘n BAIE fussy persoon nie, maar ek bly steeds ‘n meisie. En gewoonlik as ‘n meisie ‘n groot swart muis sien, fussy of nie, dan dink ek ek het soos ‘n normale een reageer. Ek het my voete summier op my stoel gesit, my bene styf vasgehou en gehoop en gebid die muis kom nie naby my oop kamerasak kom wat langs my op die grond lê nie. Dit het seker so drie keer gebeur. Dan kom hy, dan gaan hy. Anja en Lodie het gedink dis skreeusnaaks. Ek, on die udda hand, het nie gedink dis baie snaaks nie. ons het lank met so oom wat oorkant ons gesit het gesels. Mr. King is ‘n Hollander wat vir meer as 20 jaar in Zimbabwe gebly het, vriende was met ministers, vir Mugabe self al ontmoet het en wat al laggend erken hy is ‘n pessimis wat Afrika betref. Hy het vir Lodie lank met allerhande vragies in sy snaakse aksent besig gehou.
Nouja, ons is na aandete bed toe (ek in ‘n regte egte bed…snob). Daar het ek die boekie wat die besoekers invul gelees. Twee van my vriende se name was ook in die boek…nie seker of dit hulle was nie.
Vanoggend het ons lekker vroeg opgestaan…(het omtrent 05:56 die mis in die bos afgeneem), in warm water gestort en ontbyt gaan eet. Ek en Lodie is nog albei hoesend en proesend. Ontbyt was weer ‘n reënboog. Die mooiste omelette, klein tamaties, kruie, vars vrugte. Soos ons van die Old Farm House gery het het ons sulke lekker Skotse musiek geluister.
‘n Mens kan duidelik begin sien hoe Afrika verander hoe verder op mens gaan. Die vrouens en kinders dra al hoe meer tradisionele kleredrag en die mans van daai hoedjies, ‘n fes. En my gunsteling verandering hoe verder ons op beweeg: die toilette. Gee vir my ‘n duisend muise en sprinkane…maar laat my tog net wegbly van die “toilette”. By Bongo Camping het ek mos vir die eerste keer met ‘n plat toilet kennis gemaak. By die plekke waar ons nou stop hou hulle dit sommer old school: net ‘n gat in die grond met vier mure om jou. Jy is gelukkig as daar watertjies is om iets mee weg te spoel. Nee. Ek lag in my mou as ek dink aan Annami en Marizanne en hoe die gedagte van hierdie toilette nog in die aande by hulle gaan spook. Ek het darem net ‘n klein rukkie met hulle te doen. Jammer girls.
Die busse hier is ook ‘n ding op sy eie. As jy op ‘n plek wil kom (of ‘n death wish het) dan is ‘n bus beslis die beste opsie. Taxi’s ry redelik stadig, ons Suid-Afrikaners steek so nou en dan ‘n kar verby, maar busse…jy ry nog so 120km/h op ‘n grondpad wat reeds afgebaken is en vanuit nerens kom daar ‘n bus met ‘n verrassingsaanval op jou afgepeil. Dan kry hulle dit op een of ander manier reg om op ‘n stukkie pad, skaars breed genoeg vir ‘n gewone kar, verby jou te skiet. En soos hulle verby kom lees jy net agterop “In God we trust” en “God bless us”. Ja.
Met ons stappie op die bergvoet van Mount Rungwe by Bongo Camping het ons almal lekker gebrand. Vandag het ek uiteindelik begin verkleur. Van kreefrooi tot ligbruin.
Die selfoon network wat in van die Afrika lande gebruik word is Zain. En die kleure van Zain is helder pienk, ligte turquoise en swart. Dis nogals oulik om vir ‘n hele ruk net modder huisies te sien en dan pop daar elke nou en dan ‘n helder pienk ene op. So 77km voor Mikumi toe stop ons langs die pad by Al-Jazeera Restaurant. Ons het koeldrank gedrink en sulke klein vierkantige goed soortgelyk aan doughnuts geëet.
As we drove through Mindu the landscape became tropical again. The mountains stretched into the clouds and the grass was as green as ever. We were not in the mood for a long drive today and decided to deviate from our route. We drove through Morogoro in search of a nice place to rest our heads for the night. When we finally found a place that looked remotely decent (we were in what one might call their city centre) we were all too lazy, too tired, too sick, too gatvol to get out of the car and find out if it was available for camping. Something about the flow of our blood streams was not quite right… After a while we decided to just drive on. As we drove out of the city centre, Lodie saw a sigh that said Internet. We decided to just take a chance and passed through the gates of Glonnency 88. when we reached the entrance, they informed us that there was no internet. We decided to call it quits and booked a place for camping.
Blessing in disguise.
From where our tents were pitched we had the most stunning view: Mount Uruguru. it reminded me of Stellenbosch, minus the wine-farms. After we set up camp we sat on the porch and enjoyed the view of the mountain. We also had out own personal waiter, Katabi. In KiSwahili his name means “small branch of tree”. He served us one Kili after the other (I think I’m getting a bier boep.). The man was even kind enough to teach me some KiSwahili. For example: my name in KiSwahili means “scorpion”. The manager, Richard, also came by and sat with us for a while. We spoke to him about our project and how impressed we were with his place. The service is impeccable, the staff incredibly friendly and the accommodation very decent.
We had dinner at the lodge tonight. It was a buffet of spaghetti with cooked bananas, rice, cooked bananas in a curry dish, fish and spinach. Quite amazing. They cook the bananas before they’re ripe and then they taste just like potatoes. Along with our Kili’s, dinner was very enjoyable. After dinner we were off to bed.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment