Maandag 25 Mei
My kamera se battery het vanaand net voor ete gegroet. Ek glo nou eenmaal as iemand sukkel om 'n storie te vertel is daar altyd 'n foto. My wonderlike plan A, B en C. Ander glo wel dat die skoenmaker hom by sy lees moet hou. Miskien is dit maar beter so.
Daarom skrýf ek vanaand 'n verhaal van 'n harde land. 'n Harde hartland.
My verkyker 'n blote bakkievenster en 'n blits mik-en-druk onderweg van Nairobi, oor die ewenaar tot kort duskant Isiolo.
Op papier of op die skerm vertoon alles altyd mooier of leliker as wat dit werklik is. 'n Man met sy gaar fiets lyk soos kuns. 'n Dogtertjie met skaam ebbehoutogies is net nog 'n kind. Soms lyk die vroutjie agter op haar motorfiets soos 'n karakter uit die strokiesprent waarvoor mens eintlik net wil lag. Vir baie mense is dit die enigste persepsie wat hulle ooit sal hê. Die poskaarte en eindelose foto's van die gehuggies tussen Nairobi en Isiolo sal altyd net 'n brokkie realiteit (wat hulle konteks verloor het) bly.
Tot dusver was Kenia vir my niks anders as 'n gebroke liggiesee, 'n voorstedelike Nairobi tuin, buitengewone toiletgeriewe en "maiskolben" nie. Soos wat ons uit Nairobi weggetrek het, was dit sub-tropies, daarna 'n bietjie bosveldagtig, later grasveld met 'n tikkie van 'n streek wat lyk soos die groen Kalahari. Gehuggies met kleurspatsels en hulle inwoners (en meestal hulle fietse) het die pad versier.
Uiteindelik is ons deur die Noord-Kenia woestyn ingetrek.
Net voor ons die grondpad bereik het, het ons afgetrek en Lucille aangetref.
Lucille is 'n Keniaanse meisie in 'n wat die winkeltjie by 'n meer afgeleë petrolstasie Ek het haar gaan vra of ek haar badkamer kon gebruik. Sy het uitnodigend geglimlag, haar hand uitgestrek, 'n sleutel opgetower en my op 'n drafstap in die badkamer se rigting gestuur en vinnig teruggedraf om Lodie en Anja te gaan help.
"Thank you my darling " is al wat ek verdwaas kon uitkry. Sy het dit gehoor, in die draf omgekyk en ons oë het vir 'n vlietende oomblik gesluit. Ons het waardering in mekaar herken.
'n Kamera was nie daar nie. Maar sy vriend, Menslikheid, was wel daar.

No comments:
Post a Comment