27 Mei 2003
Vandag het besonders goed afgeskop. Ons moes 7uur op die pad gewees het en kwart voor sewe was die laaste ding (my vriend die tent) ingepak. As gevolg hiervan het ons vinnige buite die kerkie stilgeraak. Merile en sy heuwelkerk sal ons waarskynlik al drie bybly.
Dag twee van die woestynpad het aangebreek. Hoe verder ons gery het, hoe droeër het dit geword.
Tog kon ons by nog 'n winkeltjie 'n versameling van bully beef, vier tamaties, melk en coke koop. Die twee oorblywende geel broodjies van gister en al al die goed waarvoor ek allergies was, het die woestyn- iewers-langs-die-bakkie-ontbyt afgerond. Die skud het nie meer 'n impak op ons gehad nie. Dit is nou deel van die woestyn se ritme.
Saam met die mense het hulle diere ook minder geraak. Vroegoggend was daar baie wat saam met diere soos beeste, skape en bokke rondbeweeg het. Steenbokkies en hulle skaduwees was immer-teenwoordig. Later was dit net hulle en die Thompson Gazelle wat af en toe hulle verskyning gemaak het.
Ons het net teen middagete Marsabit binnegery. Marsabit is 'n rooigronddorpie. Hier kry mense swaar, maar die dorpie het 'n struktuur. Huisies is meesal met 'n groen-takkerigheid omhein.
Die state is ongeteer en die grootste brandstofverskaffer is beenkrag. As jy nie toonklap nie, dan trap jy pedaal.
(Op 'n ligte noot: 'n Oplossing vir brandstoftekorte?)
Soos wat ons die dorpie ingery het, was daar skoolsport. Spanne duidelik herkenbaar aan hulle kleurryke uitrustings. Ons het egter verbygeskiet en voor JeyJey's Centre gestop. Lodie het verlede jaar hier gebly. Na bewering is die kos ook uitstekend. Ons het almal die bone en rys kombinasie weer beproef. En inderdaad dit het wêrelde van die vorige dag se chilli-konkoksie verskil.
Chai sal daar oral wees. Gelukkig het meeste plekke of water of coke. JeyJey's het beide
Die aand het JeyJey's 'n dak oor ons kop, beddens, 'n onwelriekende toilet en 'n nodige was (water is tans 'n groot probleem in Marsabit) gebied. Lopende water was egter buite die kwessie. Indien moeder natuur of die stort jou roep, is daar 'n put waaruit jy met 'n emmer vir jou die water gaan haal.
Aan weerskante van die restaurant was daar 'n wasbak. Daar was altyd 'n emmer water met 'n beker en 'n sepie of twee. Dit is 'n Moslemgbruik om hande voor ete te was. Selfs in die geval van spoelwater of stort-waswater was daar meeste van die tyd voldoende water.
Marsabit en die omgewing het bitter lanklaas reën gehad. Môre is daar 'n biddag waar Moslem en Christene saam bid vir uitkoms.
Lodie het heel per toeval Mohammed, 'n jong man wat hom verlede jaar baie uitgehelp het, se pa raakgeloop by JeyJey's. Hy het hom nog gevra:
"Do you know a Mohammed?"
Sy gesig het verstar.
"He was also a tour guide?"
Die man se gesig het verhelder, toe hy opgewonde sê:
"He is my son!"
Hy het binne sekondes sy selfoon uitgepluk en Mohammed gebel. Ons het ook afgespreek om die middag (omstreeks vieruur) onder sy leiding na die Gofrede meteorietkrater te gaan.
Die middag by die krater het ek uitgevind dat hy Duba Kalicha heet. Hy is 49 jaar oud, glo in een vrou. Hy is self sewe seuns en twee dogters ryk. Die jongste is nou 5 jaar oud.
"He is the last one," sê hy met wit tande wat teen 'n swart gesig blink.
Verlede jaar September het Duba Kalicha ook die harte van twee ander Suid-Afrikaanse meisies gesteel. Hulle het twee dae lank op 'n kameelsafari saam met hom gegaan.
'n Voosgeleesde brief van die twee is maar net een van dinge wat hy met blink-trotse oë kon wys. Duba het nie net sy huis nie, maar ook sy droom met ons gedeel.
Daar is 'n kolletjie op sy erf, wat uitgehou en afgekamp is vir eg-nomadiese hutte. Hiermee hoop hy om eendag die toeriste-bedryf verder te betree.
Later die aan het twee van sy seuns onderskeidelik by ons aangesluit.
'n Storie vir volgende keer.

No comments:
Post a Comment