Thursday, May 14, 2009

inge skryf (4)




Dag 4, Maandag 11 Mei 2009

Lodie het een of ander adaptor wat ek kon gebruik om, wait for it…my GHD in te sit…ek kon dus vir so paar oomblikke myself soos ‘n mens laat prbeer lyk. Na gister se reën het ek byna ‘n afro gehad. My keel was vanoggend seer…was blerrie koud gisteraand…hmmm. Ons het in Livingstone gestop om versekering vir die kar te kry…Comesa. Die mense daar was baie vriendelik. Van daar af is ons sommer oorkant die pad na Wonderbake toe…ons het daar ontbyt geëet en net bietjie gesit. Hulle het ook f r e e wireless internet gehad. Bonus. Ek het van die geleentheid gebruik gemaak en vir my pa ‘n epos gestuur net om hulle te laat weet dat ek wel nog lewe.

Dit lyk vir my asof Fanta Orange amper groter as Coke hier is. Iets wat ek net opgelet het… Ons is na ontbyt terug na die kar toe…daar het ‘n biljoen mense aan ons biljoene Zim dollars probeer verkoop. Anja het vir haar ‘n $100 Trillion Zim dollar noot gekoop vir R7. Wow.

Na ontbyt het Anja vir ons elk ‘n reuse vanilla scone (ook by Wonderbake) gekoop. Heerlik. Ons eet dit sommer by die hand by die mond.

DESTINATION: LUSAKA

Oppad Lusaka toe toe stop ons by Zimba. Daar het Lodie agtergekom sy foon is weg. Een van die biljoen mense wat aan ons Zim dollars probeer verkoop het het sy foon sommer uit die kar gedief. Dis ‘n toets. You will not defeat us.in Zimba het ek my groente pasta take aways van Botswana vir iemand langs die pad gegee…ek dink dit was miskien al teen daai tyd al ‘n bio hazard. Ons he took deur Chichi gery. In Choma he tons gestop om badkamer toe te gaan. Net die gents se deur het ‘n sleutel gehad. Daar was ‘n ontstellende reukie wat in die lug van die mansbadkamer gehang het. Terug in die kar het Lodie vir ons almal so wit boksie met ‘n rooi kruis op gegee…dis ‘n oulike survival kit. Baie dankie Lize en Amanda. Julle is te goed vir ons…oorkant die pad was daar ‘n stalletjie wat DVD’s of verhuur of verkoop het…ek kon sweer hulle het die DVD’s verhuur…

Vandag was ‘n lekker warm dag. Blou blou lug. Wit wolke. Groen groen gras.

Die res van die pad het ons lekker Koos Kombuis en Gert Vlok Nel geluister. Toe ons by Chilubi Islang stop toe storm daar ‘n duisend vrouens op ons af met piesangs en lemoene en suurlemoene en baie attitude. Hulle wou nie laat ek van hulle foto’s neem nie. Die een beweer ons wil net hulle afneem om vir die mense by die husi te wys hoe lyk swart vrouens in Zambië…en sy was nie gelukkig daaroor nie. Ons het toe in so pub tiep van stalletjie ingegaan en ‘n koue Coke gedrink terwyl African disco vibes kliphard speel. Hier is klomp taverns…en op die plek staan daar “Tavern”…maar so paar van hulle het lewensgroot op geskryf “Tarven”…haha.

Later het ons deur “the sweetest place in Africa” gery. Mazabuka. Daar is klomp suikerplantasies en ook oor die Kafue rivier gery. Toe’s ons uiteindelik in Lusaka.

Ons het by ‘n baie nice plek gekamp. Toe ons daar aankom toe gaan drink ons eers brandewyn en Coke. Ah. Ons he tons tente gaan opslaan en is toe terug na die kroeg toe. Aandete was reuse cheeseburgers in serviette toegedraai en Mosi biere. Ek het teen ‘n ou oom pool gespeel…en erg verloor. Toe tree ‘n ander Afrikaanse vent in probeer my red…maar dit was verniet…het inelkgeval verloor…

Ek is besig om siek te word. NOOO. Hou maar duimvas dat dit net een van daai 24 hour bugs is…

(* sit nou in die kroeg…luister kliphard Cry e a river van Justin Timberlake en tik…menses peel pool…)

No comments:

Post a Comment