Monday, May 11, 2009

Inge skryf (3)

Dag 3, Sondag 10 Mei 2009: Die eerste duisend.


Wie schoen is der busch.

Vandag is Moedersdag. Geluk aan alle moeders. Myne spesifiek.

Ons het vanoggend rustig kamp opgeslaan, koffie (steeds swart) gedrink,
beskuit geëet en toe is ons oppad. Het so 08:45 uit Robins Camp gery.
Ek en Anja het by die mense van ontvangs gaan vra of ons op hulle
uitkyktoring kan gaan staan en foto's neem. Dit het 'n rukkie
gevat, dit het geklink asof die man eers by twaalf mense moes
toestemming kry, maar hy het ons uiteindelik in die toring in gevat.
Binne was die Robins museum. Daar was net ou foto's, teleskope en
dokumente van die Robins oom. Hy lyk soos Kersvader in 'n safaripak.

Ons het to 11:11 by Sinamatella ingedraai. Ek het eers 'n wens gemaak
(oor die horlosie 11:11 gewys het) en toe gaan neem ons daar foto's.
Die plek was prentjie mooi, maar heeltemal verlate. Oomblikke voor ons
by Sinamatella ingedraai het het ons ons eerste 1000km bereik. 'n
Sesde van my deel van die reis is voltooi.

Next destination: Victoria Falls.

Oppad Vic Falls toe, toe stop ons langs die pad by een van die
derduisende padstalletjies wat hout kameelperde en hangertjies
verkoop. Ek onthou van my vorige kere in Zimbabwe dat die mense op jou
afstorm en jou aandag afdwing. Hierdie stalletjie was egter baie
anders. Inteendeel, die mense het heel kalm en rustig in hulle
stalletjies gesit en gewag. Ons stap toe na die naaste stalletjie toe.
Binne was daar 'n man. Stansilous Ngwenya is sy naam en hy is 66 jaar
oud. Soos ons nog staan en rondkyk, haal die man so pienk sakkie erens
uit. Daaruit haal hy 'n dik pak note. Zim dollars. Hy vertel ons toe
dat hy sy geld maar begin bymekaarmaak het in die hoop dat dit weer
een van die dae iets werd sal wees. Heel bo lê daar 'n $50 billion
noot. Belaglik. Dis nou net so paar sent werd! Ek het toe P10 uitgehaal
en dit vir die $50 billion noot geruil. Dalk is dit wel eendag weer
iets werd? Vir nou is dit net 'n collector's item.

Van daar af is ons grens se kant toe. Ons het eers by die Vic Falls
gestop. Die vroutjie wat daar werk wou ons eers $50 (Americana) elk
charge, maar toe ek my Suid-Afrikaanse paspoort wys, toe sê sy dis
$15. Ons is toe in en oppad. Daar was die mooiste reënboog by een van
die uitkykpunte - die een waar die standbeeld van meneer Livingstone
staan. Ons het vir 'n ruk rondgedwaal en foto's geneem en nat gereën.
Ek het al voorheen die Vic Falls gesien. 'n Mens kan nie daarvoor moeg
raak nie. Dit is iets ongelooflik. Op een plek kyk jy vas in Zambië en
gelyktydig 950m af en in 'n reënboog vas.

B-E-A-UTIFUL.

Daarna is die drie van ons grens toe. Dit was vinnig en eenvoudig. Toe
ons in Zambië kom toe ruil ons sommer dadelik geld. Dollars for
Kwacha. So lui die transaksie:

Lodie (so in die ry): "What's the going rate?"
Ruil Manne: "How much you want?"
Lodie: "Five five."
Ruil Manne: "It's fine. We give you five five."
Lodie (van die pad afgetrek): "Here is $125 US."
Anja noem toe die bedrag wat hulle ons dan sou skuld. 6800 something kwacha?

Die wisselling vind toe plaas en almal tel toe geld. Ons het vir hulle
$125 gegee. Anja sê toe dat hulle ons nog sowat 100 kwacha skuld. Toe
haak die een man sommer af en sê ons skuld hom nog $40 vir ons bedrag
om $125 te wees. (Hy het dus $40 in sy sak gesteek en ons probeer
bedonner?). Vir so paar sekondes was daar 'n heen en weer gestryery
toe maak Lodie sy sitplekgordel los, maak die deur oop en vlieg by die
kar uit. Ek en Anja gryp net na die handrem.

Lodie: "I'm going to ******* you!"
Ruil Manne: "No no no no no man?!"

Lodie kry dit toe reg om die $40 (wat een van die manne skelm in 'n
pak kwachas weggesteek het) weer terug te kry.

Lodie: "Do you understand English?"

* ?Fookedoodle you!? (*aangepas?? )

Ruil Manne: "No English. No English!"

Aaaah. Afrika.

Van daar af he tons ?n kort endjie gery na The Waterfront. Dis 'n
absolute idilliese plek met palms en groen gras. Ons het na die kroeg
toe gegaan en drie biere bestel. Drie Mosi biere. Egte Zambiese bier.
Ons het dit toe gedrink terwyl ons op die Zambezi rivier uitkyk.
Ongelooflik.

Nadat ons tente opgeslaan het ens. het ons terug gegaan na die
restaurant area, burgers, T-bones en biere bestel. Die plek was lekker
vol en ons het lekker geëet. Die maan het weer vanaand mooi vol en
helder bo ons geskyn. Ons het ons aandete met roomys en Amarula
daaroor afgesluit en na ons tente terug gekeer.

Ons sit vanaand, teen die einde van dag drie, onder die volmaan en
luister na die naggeluide wat klink soos daai deel uit The Little
Mermaid waar Ariel en die prins mekaar in die vlei wou soen.

Bis später.

No comments:

Post a Comment