Dag 8, Vrydag 15 Mei 2009
Vanoggend is ons voor 8:00 by Senga Bay weg. Ek moes na so 2500km uiteindelik erken dat ek nie die briljante poolspeler is wat ek voorgee nie.
So uur nadat ons gery het het ons by Nkhata Bay (so iets) gestop vir ontbyt. Hulle is bekend vir hulle pottery. Die restaurant is basies op die strand en die meer strek so potblou voor jou uit. Ongelooflik. Ons het lekker eiers, spek, worsies, toast en die lekkerste konfyt geëet en toe is ons weer oppad.
Fietse is nog iets wat baie prominent hier bo in Afrika is. As ons aan fietse dink dan dink ons aan mense wat die Argus ry, of ‘n man en ‘n vrou wat by die see vroeg in die oggend ‘n endjie gaan ry. Hier is die prentjie ook heel anders. Hoër in Afrika op sien jy ooms in suits, tannies met goue oorbelle en dan uiteindelik, my gunsteling, die hele gesin. Mense vervoer met hulle fietse van (lewendige) varke, riet matte so breed soos die pad en reuse dromme. Wow.
Na ontbyt toe stop ons sommer langs die pad en neem bietjie foto’s van ‘n groep vrouens wat water pomp en hulle kindertjies wat by hulle rondstaan. Die een vrou was besig om haar kind te borsvoed terwyl sy met ons praat. Dit waseen van daai oomblikke wat jy so graag wil weg kyk, maar jy kan nie. In engels noem hulle dit “the uncanny”. Die rede dat dit so fsinerend was dat ons nie kon wegkyk nie, was dat die kindjie besig was om daai vrou se bate soos ‘n lekker stuk Prestick te hanteer.
Later deur die dag het ons deur die ongelooflikste berge gery. Dit is so tropies en groen. Terwyl ons so deur die berge gery het kon ons heeltyd die see langs ons sien. Ons het gereeld langs die pad gestop om foto’s te neem. Die mense was uber-vriendelik. Lodie he tons op ‘n tyd so end in die woud laat instep. Op die bome was daar sulke klein hout bakkies vas. En in hierdie bakkies het daar rubber ingeloop. Die locals kerf ‘n stuk uit die bome uitsodat die rubber, soos boomgom, begin loop en dan gaar dit in die bakkies op. hulle gebruik dit dan om rubber ballet e maak – iets wat in Malawi onwettig is om te koop en te verkoop. Die kinders is baie versigtig vir mense wat langs die pad stop. Hulle het ‘n paar keer net verdwyn toe ons wou stop om te hoor hoeveel die balle kos. Een man het aan on seen probeer verkoop vir K600…maar ons het respek vir die wet en het toe nie een gekoop nie…en ek dink inelkgeval nie ons het genoeg kwachas oorgehad vir dit nie…
DESTINATION: NKHATA BAY
Ons het die M5 gevat en toe is ons oppad Nkhata Bay toe. Die mense is heeltyd in die pad en met die groen woud en die kleurvolle wasgoeddrade was dit beslis iets om te aanskou. Ons het al met die berg afgery en toe eindig ons in so heavy township op. Ons draai toe by so stofpad in en stop by “Exellent Camping”. Ons slaapplek vir die aand. Die mense was gaaf genoeg om ons toe te laat om op hulle grasperk te kamp. Reg langsaan was daar ‘n restaurant wat aan ‘n Duitse vrou behoort. Sy het blykbaar twee jaar terug besluit sy is gatvol vir Duitsland en het na Malawi verhuis. En skuins oorkant die restaurant, KaYaPaPaYa, was daar ‘n reuse sokkerveld. Daar was ‘n wedstryd aan die gang toe ons daar aankom.
Toe ons tente opgeslaan is toe stap ons langsaan na KaYaPaPaYa toe. Die hele plek is uit riete gebou. Ons het op die boonste dek gaan sit, Kuche Kuche (Malawi se local bier) gedrink en die sokker gekyk. Ons het die lekkerste kos vanaand geëet. Ek het Asian fried noodles met hoender gehad en Lodie en Anja het basies dieselfde maar net met rys gehad. Dit het gevoel asof ons in ‘n boomhuis sit en uitkyk op die hele township. Daar waar ons gesit het was die social highway. Daar was constant mense wat heen en weer beweeg het. Nkhata Bay is anders as die res van Malawi wat ons sover ervaar het. Die mense is baie meer modern en jy kry regtig die township gevoel met die harde hip hop musiek en ook net hoe die mense met mekaar is.
Ons het tee en koffie bestel en daarna is ons terug na ons tente toe. Wat ons bitter vinnig agtergekom het was twee dinge:
1. Malawi het Dinsdag hulle presidensiële verkiesing.
2. Die mense wat ons vanaand gehuisves het is een van die local hotspots vir die DPP (Democratic Progressive Party) ondersteuners.
Dit het die volgende beteken:
Oordat die verkiesing Dinsdag is, is daar min tyd vir hulle oor vir campaigning. So die ondersteuning vir die verskillende partye was vanaand volop. In Malawi as hulle hulle ondersteuning wil wys, dan bars hulle by verskeie plekke (soos ons hotspot) in en sing en dans en gil en ondersteun uit volle bors.
Dit alles het plaasgevind etlike sentimeters van ons tente af. Ek was angstig om die minste te sê. Van al die plekke waar drie wit buitelanders kan opeindig, sal ons drie in die middel van die political war zone tent opslaan. Nice.
Van 21:00 tot 01:00 was dit besig. Net soos jy dink dis verby dan bars daar weer ‘n nuwe groep ondersteuners in. En terwyl die ondersteuning plaasvind vier ander mense fees. Dis net hip hop links en kwaito regs. Ek weet nie of ‘n aand in ‘n township in Suid-Afrika dieselfde sou afspeel nie, maar my angs hier was verniet. Nie een keer het iemand aan my tent gekrap, gestamp, geroep of geraak nie. Hulle het om ons beweeg asof ons nie eers daar was nie. Dis nie elke dag wat ‘n wit, Afrikaanse meisie van Suid-Afrika kan sê sy het ‘n aand in
‘n township deurgebring en niks oorkgekom nie. Nkhata Bay, I thank you.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment