28 Mei 2008
Moslemgebede het 'n manier om my wakker te maak. Maar vandag het ek omgedraai en verder geslaap. My lyf raak moeg.
Lodie se klikkende skootrekenaar het my wel tot inkeer gebring. Die son het sy kop uitgesteek en droomland het nag gesê.
Teen die tyd (half sewe) wat ek wakker was, het Lodie reeds 'n Engelse en 'n Afrikaanse nuusbrief geskryf. Sy woorde, "the early bird catches the worm," het die res van die dag vasgeklou.
Na 'n ontbyt wat uit JeyJey's se omelet, samoosas en chapati bestaan het, het elkeen het sy eie koers ingeslaan. Solank ons teen elfuur terug was, kon ons doen wat ons wou.
Lodie het voorgestel dat ek tussen die dorpie se informele winkeltjies gaan verken. Ek het sommer by JeyJey's se eie winkeltjies begin.
Ek was skaars by die eerste winkeltjie uit of Mohammed en sy fiets het voor my gestaan. Hy wou my iets wys. Ons het op sy fiets 'n kort entjie na die lappie grond waar die kinders gister aan sport deelgeneem het, gery. Die arme man moes trap om ons altwee regop te hou, maar ons het dit oorleef.
Marsabit het die eerste Junie 'n groot feesviering. Tydens hierdie geleentheid gaan die distrikskommissaris die president se toespraak voorlees, en die weermag en die omliggende skole hou dan 'n parade. Vandag was hulle derde oefenlopie. Hulle vir hierdie paar dae oefen hulle van ses tot tien elke oggend.
Dit is 'n baie gedissiplineerde proses. Selfs die kleingoed (wat niks langer as 'n meter kan wees nie) swaai daai armpies en marseer voort. Hier en daar is sien mens 'n armpie wat dalk nét te vinnig swaai. Maar teen die derde probeerslag het dit al stukke beter gegaan. Die volkslied is ook deel van hierdie proses.
Mohammed se kollega, by hulle "barbershop", het hom gebel en hom herinner dat daar iets soos werk is en hy is toe vort.
Die vroeë oggendwoelinge in Marsabit het my laat besluit om op die eerste en die beste sypaadjie te gaan sit. Hier het ek net gesit en kyk. 'n Wit vrou op 'n sypaadjie trek genoeg aandag. Dit is nie 'n gesig waaraan die inwoners van Marsabit gewoond is nie. Maar almal het hulle verpligtinge gehad. Die manne moes die een of ander tyd gaan werk en die skool het ook begin.
Uiteindelik was dit net ek, 'n hennetjie en haar kroos. Dié geselskap het eers rustig by 'n winkel ingeskrop. Maar selfs húlle moes aanbeweeg.
Ons het vroeër in die pad geval. Die woestyn het leeg geraak en klippe het mettertyd 'n maanlandskap gevorm . Af en toe het daar 'n vermaerde kudde beeste en hulle wagters verby geloop. Meestal was daar 'n paar donkies wat enkele kanne water saamgedra het.
Twee beeste het langs die pad gevrek.
Kamele en nomades het meer geraak. Ons het laatmiddag in Turbi aangekom. Hierdie dorpie het 12 Julie 2005 'n massamoord beleef en ons het besluit om die nag by Turbi se Silent Women's Lodge te kampeer.
Op soek na iets om te eet het ek op 'n man afgekom. Sy eerste woorde aan my was: "Here we have no fear."
Aandete was 'n versameling van rys, boontjies, bokvleis en chapati.
Die kinders was die aand in die moeilikheid omdat hulle te laat buite was. Hulle net buite die tak-heining voor ons kom staan en hier en daar saam met my 'n liedjie gesing. 'n Ma het hulle uiteindelik kom haal.

No comments:
Post a Comment