Monday, May 18, 2009

Dag 10, Sondag 17 Mei, Inge vertel




Dag 10, Sondag 17 Mei 2009

Na ‘n lekker nagrus het ek opgestaan om uit te vind dat daar nie ‘n werkende stort is nie. By die wasbak by die was. Lodie-hulle het met Luka, een van die mans wat vir Casper-hulle hier help, gereel dat ons ‘n entjie gaan stap. Mingwa hetvanoggend vir ons ontbyt gebring: die lekkerste brode, piesangs, gekookte eiersmet die geelste geel en ook een of ander ding wat basies soos ‘n aartappel is en proe,maar wat lyk soos ‘n stuk bullybeef. Saam met die ete he tons van hulle local koffie gedrink. Dit was onbeskryflik.

Ek het besluit om eerder eers na die stappie te gaan was…aangesien ons nie kan stort nie. Dis ook maar goed so. Luka het ons op ‘n mini hike gevat. Ek in my Chuck Taylor’s. Ons is deur water, deur modder, deur klippe en woude. Net soos jy dink dit kan nie groener en mooier nie, dan raak dit om jou groener en mooier. Die tee plantasies, rye en rye piesangbome, die berge in die vertes en die blou blou lug was ongelooflik. Dit was vrek warm. Daar was bitter min dele van ons stappie wat gelyk was. Ons was gedurig teen opdraandes en dan afdraandes. Chuck’s is gemaklik, maar nie as jy so 8km tussen berge en dale loop nie. Die natuur om ons was egter genoeg om my aandag van die pyn in my skoene af te trek.

Luka het ons sommer aan die begin van die stappie geleer hoe om in KiSwahili te groet.

Mugonile!

Hy sê die locals hier is baie meer op hulle gemak as jy hulle in hulle eie taal groet. En dit was waar…die mense het ons aanvanklik so agterdogtig aangegluur, maar toe ons hulle in hulle taal groet was daar net breë glimlaggies. Ek moet net noem dat ek weer soos ‘n uber-toeris gevoel het. Hier stap ons deur die township markie met ‘n swart gids, ons kameras om ons lywe en almal se oë op ons. Ons het by ‘n plekkie ingegaan en yskoue Pepsi gedrink. Lekker.

Terug by die kamp het ek uiteindelik gewas (ons kon mos nie stort nie…). Ons het die res van die middag op die gras rondgelê, opgevang met die blog inskrywings en met die kindertjies gespeel. Terwyl ons so gesit en rus het, toe kom sit daar so ou tannetjie langs my. Sy vat toe my hand, trek my nadir en gee my druk terwyl sy die heeltyd saggies in KiSwahili praat. ‘n Ander outjie wat by ons gesit het vertaal toe en sê dat die tannie vir ons dankie sê dat ons hier is. Sy doen toe dieselfde met Lodie en kom sit toe weer langs my. Toe haal sy ‘n avo erens onder haar lappe uit en hou dit vir my. Ek beduie toe vir haar dat ek nie geld het nie…en die outjie vertaal weer en sê sy wild it vir my gee en nie verkoop nie. En soos ons daar sit toe sit sy my hare agter my ore en ons glimlag vir ‘n foto. En toe is sy weg.

Mingwa het vanaand weer vir ons kos gemaak. Ons het in hulle skoolsaal geëet en gepraat oor die moontlikheid dat Kasper en Mingwa in Suid-Afrika kom kuier. Kasper he tons toe ook ‘n paar interessante dinge oor Thuli en haar gesin vertel. Daar is donker redes vir haar lewendige karakter.

No comments:

Post a Comment