Saturday, May 30, 2009

First coffee in Ethiopia

Annami: Turbi

29 Mei 2009:  Besoek aan Turbi Primary School

Skool begin omstreeks twintig oor agt in Turbi.  Ons het net betyds vir 'n paar gewyde liedere en die weeklikse vlaghysingseremonie daar aangekom.  

Die kinders het in netjiese halfmaan-rye gestaan terwyl die verrigtinge aan die gang was.  Hoewel hulle meesal in ons rigting geloer het, was daar onverbiddelike dissipline terwyl hulle daarmee besig was

Meneer Pius Roba, die vise-prinsipaal, het daar met ons gesels.  12 Julie 2005 is daar 66 skoliere en dorpsinwoners deur 'n ander etniese groep vermoor.  Die vete het na bewering oor pastorale weiding gehandel.  By die skool is tekens van hierdie verwoesting nog sigbaar.   
Daar is ongeveer 370 skoolgangers.  Die oudste skoolganger 22 en die jongste is 6-jaar oud.  Sestig uit die tagtig koshuisgangers is tans ook wees as gevolg van die aanval.

Turbi Primary School vorm deel van "Primary Education" en is dus deel van die staatsverpligte en gratis onderwysstelsel.    Daar is agt skooljare in hierdie stelsel ingesluit.   As gevolg van die massamoord het talle leerlinge die skool verlaat en kameelwagters of iets soortgelyks geword.  

Shiftas (rebelle in die omgewing) het in 'n latere stadium egter hulle diere afgevat en sodoende is sommige van hierdie wagters weer in die skool opgeneem.

Die skool het tans 'n voedingsprogram waar elke leerder  'n middagete, wat gewoonlik uit mielies en ertjies bestaan, ontvang.  Water is egter 'n groot probleem in hierdie omgewing.  In die koshuis het elke leerling 'n 5liter rantsoen waarmee hulle vir drie dae moet klaarkom.  Dit is hulle drink en waswater.

Die hoof is reeds vir ses dae weg op soek na 'n  oplossing.

By die massagraf lê daar hier en daar 'n besitting van 'n slagoffer.  Dit was 'n koue oggend en die mis het swaar gehang.  
   
 

Annami: 28 Mei

28 Mei 2008

Moslemgebede het 'n manier om my wakker te maak.  Maar vandag het ek omgedraai en verder geslaap.  My lyf raak moeg.   

Lodie se klikkende skootrekenaar het my wel tot inkeer gebring.  Die son het sy kop uitgesteek en droomland het nag gesê.  

Teen die tyd (half sewe) wat ek wakker was, het Lodie reeds 'n Engelse en 'n Afrikaanse nuusbrief geskryf.  Sy woorde, "the early bird catches the worm," het die res van die dag vasgeklou.  

Na 'n ontbyt wat uit JeyJey's se omelet, samoosas en chapati bestaan het, het elkeen het sy eie koers ingeslaan.  Solank ons teen elfuur terug was, kon ons doen wat ons wou.

Lodie het voorgestel dat ek tussen die dorpie se informele winkeltjies gaan verken.  Ek het sommer by JeyJey's se eie winkeltjies begin.

Ek was skaars by die eerste winkeltjie uit of Mohammed en sy fiets het voor my gestaan.  Hy wou my iets wys.  Ons het op sy fiets 'n kort entjie na die lappie grond waar die kinders gister aan sport deelgeneem het, gery.  Die arme man moes trap om ons altwee regop te hou, maar ons het dit oorleef.  

Marsabit het die eerste Junie 'n groot feesviering.  Tydens hierdie geleentheid gaan die distrikskommissaris die president se toespraak voorlees, en die weermag en die omliggende skole hou dan 'n parade.  Vandag was hulle derde oefenlopie.  Hulle vir hierdie paar dae oefen hulle van ses tot tien elke oggend.

Dit is 'n baie gedissiplineerde proses.  Selfs die kleingoed (wat niks langer as 'n meter kan wees nie) swaai daai armpies en marseer voort.  Hier en daar is sien mens 'n armpie wat dalk nét te vinnig swaai.  Maar teen die derde probeerslag het dit al stukke beter gegaan.  Die volkslied is ook deel van hierdie proses.

Mohammed se kollega, by hulle "barbershop", het hom gebel en hom herinner dat daar iets soos werk is en hy is toe vort.  

Die vroeë oggendwoelinge in Marsabit het my laat besluit om op die eerste en die beste sypaadjie te gaan sit.  Hier het ek net gesit en kyk.  'n Wit vrou op 'n sypaadjie trek genoeg aandag.  Dit is nie 'n gesig waaraan die inwoners van Marsabit gewoond is nie.   Maar almal het hulle verpligtinge gehad.  Die manne moes die een of ander tyd gaan werk en die skool het ook begin.  

Uiteindelik was dit net ek, 'n hennetjie en haar kroos.  Dié geselskap het eers rustig by 'n winkel ingeskrop.  Maar selfs húlle moes aanbeweeg.

Ons het vroeër in die pad geval.  Die woestyn het leeg geraak en klippe het mettertyd 'n maanlandskap gevorm .  Af en toe het daar 'n vermaerde kudde beeste en hulle wagters verby geloop.  Meestal was daar 'n paar donkies wat enkele kanne water saamgedra het.

Twee beeste het langs die pad gevrek.

Kamele en nomades het meer geraak.  Ons het laatmiddag in Turbi aangekom.  Hierdie dorpie het 12 Julie 2005 'n massamoord beleef en ons het besluit om die nag by Turbi se Silent Women's Lodge te kampeer.

Op soek na iets om te eet het ek op 'n man afgekom.  Sy eerste woorde aan my was:  "Here we have no fear."

Aandete was 'n versameling van rys, boontjies, bokvleis en chapati.

Die kinders was die aand in die moeilikheid omdat hulle te laat buite was.  Hulle net buite die tak-heining voor ons kom staan en hier en daar saam met my 'n liedjie gesing.  'n Ma het hulle uiteindelik kom haal.


 

Friday, May 29, 2009

Annami: 27 Mei

27 Mei 2003

Vandag het besonders goed afgeskop.  Ons moes 7uur op die pad gewees het en kwart voor sewe was die laaste ding (my vriend die tent) ingepak.   As gevolg hiervan het ons  vinnige buite die kerkie stilgeraak.  Merile en sy heuwelkerk sal ons waarskynlik al drie bybly.  

Dag twee van die woestynpad het aangebreek.  Hoe verder ons gery het, hoe droeër het dit geword.
Tog kon ons by nog 'n winkeltjie 'n versameling van bully beef, vier tamaties, melk en coke koop.  Die twee oorblywende geel broodjies van gister en al al die goed waarvoor ek allergies was, het die woestyn- iewers-langs-die-bakkie-ontbyt afgerond.   Die skud het nie meer 'n impak op ons gehad nie.  Dit is nou deel van die woestyn se ritme.  

Saam met die mense het hulle diere ook minder geraak.  Vroegoggend was daar baie wat saam met diere soos beeste, skape en bokke rondbeweeg het.  Steenbokkies en hulle skaduwees was immer-teenwoordig.  Later was dit net hulle en die Thompson Gazelle wat af en toe hulle verskyning gemaak het.  

Ons het net teen middagete Marsabit binnegery.  Marsabit is 'n rooigronddorpie.  Hier kry mense swaar, maar die dorpie het 'n struktuur.  Huisies is meesal met 'n groen-takkerigheid omhein.  

Die state is ongeteer en die grootste brandstofverskaffer is beenkrag. As jy nie toonklap nie, dan trap jy pedaal.

(Op 'n ligte noot:  'n Oplossing vir brandstoftekorte?)

Soos wat ons die dorpie ingery het, was daar skoolsport.  Spanne duidelik herkenbaar aan hulle kleurryke uitrustings.  Ons het egter verbygeskiet en voor JeyJey's Centre gestop.  Lodie het verlede jaar hier gebly.  Na bewering is die kos ook uitstekend.  Ons het almal die bone en rys kombinasie weer beproef.  En inderdaad dit het wêrelde van die vorige dag se chilli-konkoksie verskil.

Chai sal daar oral wees.  Gelukkig het meeste plekke of water of coke.  JeyJey's het beide…  

Die aand het JeyJey's 'n dak oor ons kop, beddens, 'n onwelriekende toilet en 'n nodige was (water is tans 'n groot probleem in Marsabit) gebied.  Lopende water was egter buite die kwessie.  Indien moeder natuur of die stort jou roep, is daar 'n put waaruit jy met 'n emmer vir jou die water gaan haal.

Aan weerskante van die restaurant was daar 'n wasbak.  Daar was altyd 'n emmer water met 'n beker en 'n sepie of twee.  Dit is 'n Moslemgbruik om hande voor ete te was.   Selfs in die geval van spoelwater of stort-waswater was daar meeste van die tyd voldoende water.

Marsabit en die omgewing het bitter lanklaas reën gehad. Môre is daar 'n biddag waar Moslem en Christene saam bid vir uitkoms.     

Lodie het heel per toeval Mohammed,  'n jong man wat hom verlede jaar baie uitgehelp het, se pa raakgeloop by  JeyJey's.  Hy het hom nog gevra:

"Do you know a Mohammed?"

Sy gesig het verstar.

"He was also a tour guide?"

Die man se gesig het verhelder, toe hy opgewonde sê:

"He is my son!"

Hy het binne sekondes sy selfoon uitgepluk en Mohammed gebel.  Ons het ook afgespreek om die middag (omstreeks vieruur) onder sy leiding na die Gofrede meteorietkrater te gaan.  

Die middag by die krater het ek uitgevind dat hy Duba Kalicha heet.  Hy is 49 jaar oud, glo in een vrou.  Hy is self sewe seuns en twee dogters ryk.  Die jongste is nou 5 jaar oud.  

"He is the last one," sê hy met wit tande wat teen 'n swart gesig blink.

Verlede jaar September het Duba Kalicha ook die harte van twee ander Suid-Afrikaanse meisies gesteel.  Hulle het twee dae lank op 'n kameelsafari saam met hom gegaan.

'n Voosgeleesde brief van die twee is maar net een van dinge wat hy met blink-trotse oë kon wys.  Duba het nie net sy huis nie, maar ook sy droom met ons gedeel.

Daar is 'n kolletjie op sy erf, wat uitgehou en afgekamp is vir eg-nomadiese hutte.  Hiermee hoop hy om eendag die toeriste-bedryf verder te betree.

Later die aan het twee van sy seuns onderskeidelik by ons aangesluit.  

'n Storie vir volgende keer.
 

Annami: 26 May

26 May: Isiolo to Merile

The road treated us to a massage as we drove from Isiolo to a church Lodie knows about.

We maintained an average speed of 20 to 30km/h.  If you should consider driving any faster it would become a vicious session at the chiropractor.  The landscape became all the more rugged the further we drove.

The first 20km from Isiolo we struck it lucky as the first 20km was a newly tarred road, and for the next 60km the road works continued.  We had to use a dirt track next tot he road works.

Lodie decided to stick to a 45minute drive and a 15minute break.  This way we and the Toyota would maintain some sort of sanity and functionality.   

Little settlements became less as we patiently drove through the Northern Kenya Rock Desert.

In a break Lodie and Anja managed to get a hold of six yellow bread roles, avocados and some bananas.  As luck would have it I am allergic to both avocados and bananas.  Luckily mum remembered Melrose. Smothering the yellow role with a proudly South African cheese spread we all feasted in silence.  We were beneath a bridge of some sort.  We were in the midst of nature's buzz.  No other human being in the vicinity.  Only Anja, Lodie, myself, a Toyota Hilux double cab, a little shop breakfast and freshly made gas stove coffee.  

Once a truck passed us with a high speed.  We couldn't even have been sure if those people were people or extra-terrestrials.  Apart from friendly waving hands they their dust cloud made human features impossible to be distinguished.

The only sign of human existence noticeable in the area: bridge graffiti.  Somebody did math on the pillar. The word "example:" gave me the idea somebody had class there.  

As we headed for the vehicle Lodie halted.  We were not alone.  A little steenbuck dashed for shadow.  From behind a bush he peeked at us.  

 Wherever we looked these creatures seemed to pop out of nowhere.  Somewhere along the line I noticed that a steenbuck or two (in certain cases even more) almost took over every third shadow they could possibly get hold of.  Only in very rare occasions could you see them in direct sunlight.   They became the desert mystery.

 In between spotting the steenbuck Lodie an Anja developed the urge to have some Chai tea (they seem to like this drink quite a lot).  I decided to join in.  Next time I will probably order coke. But this screams Kenya.  People around here drink this morning, noon and night.

We aimed to reach some sort of church Lodie knows about.  It seemed a nice idea to stop and see if camping would be possible.  

A lone vehicle standing next to the road appeared in front of us. Three men were sitting ducks. Something went horribly wrong with their vehicle (a royal blue SUV of sorts).  Lodie got out and moments later a young man, Devin, got in next to me.  

He was hitching a ride with us.  With him in the vicinity we manage to figure out some sort of name for the town.  According to him the town's name was Maryland.  From his drop off point we spotted the settlement store.  Ladies wearing traditional cloths walked up to us.  We asked whether we could take photographs and they bluntly refused.

We met a man who offered to show us the stony track up the mountain to the church.  He organised a huge meal of rice and beans. This got dashed with flaming chilly sauce.  It looked quite pink and tame, but Anja would definitely agree that this was only a very deceiving illusion.  

As we awaited the local feast we soaked up the shade.  Mostly devouring, creating or proofreading travelling literature.   Now and then some people passed by, greeted and moved on.  Three girls, using an orange sarong as an umbrella against the sun, came up the mountain.  

A young man, Boniface Surmat, headed to them. My assumption was that they were off to have a chat.  I carried on writing and forgot about them.

Very well harmonized notes drew my attention.  I realised they were having a choir practise. The sound quality surprised me.  The few girls I saw scarcely looked able to speak with the necessary confidence. Let alone sing.  Being a performer I thought it best to leave them alone.

As a few voices added to the music, my feet lead me to them.  It was impossible to ignore the musicality.  Eager to understand the lyrics I asked if they know any English songs.   

I ended up teaching them Amazing Grace.  How sweet the sound.  

Whilst having an early supper, the church's acoustic carried the notes.   It became the background music to an afternoon in Merile (the actual name of the settlement).  After choir practice the singers went to fix the road we followed to reach our night's refuge.  Still singing those addictive notes just had a lovely afternoon with their friends.

That night an armed watchman took care of us.  His knife was an intimidating sight.  But not once did I wish my tent had a lock.
 

Lodie - Marsabit tot by Moyale (Kenia/Ethiopië grens)

Foto's 1 - 3: Die alleenheid van die klipwoestyn.
Foto 4: Dit het ons harte gebreek om mens en dier verby ons te sien steier na waar ook al water was. Die gevoel by die eerste bees wat geval en nie kon regopkom nie, was hartverskeurend.
Foto 5: So stel ek my Mars voor.
Foto 6: Die manne jaag!
Foto 7: Ons het laasnag in die woestyndorpie Turbi geslaap. Op 12 Julie 2005 was die groot menseslagting daar. Op die foto is Annami by een van die dogtertjies wat swaar gewond was.
Foto 8: Stof, of het een van die toerlede twee dae laas gewas?
Foto 9 - 10: Kameelkaravaan van woestynnomades. Sien julle die babakameeltjie op die rug van die een kameel?
Foto 11: Drinkwater

Thursday, May 28, 2009

Lodie: The harsh reality of living in Africa

Marsabit, from where we leave this morning, lies in the dry northern Kenya desert region.
 
Two rainy seasons passed without any rain.
 
It is dry.
 
There are still wells with water in and around Marsabit. To these wells farmers from far lying areas are bringing their cattle and goats for water.The cattle look like walking skeletons.
 
The soil is like powder. Two harvests of maize and beans turned into nothing.
 
Like last year there is no water in the taps. We three had to get water from a well to wash ourselves.
 
This morning, for the first time ever, the Christian and Muslim communities in Marsabit will join hands in a prayer meeting for rain. It will take place on an open field across from where we are staying now.
 
Although the people are as friendly as ever all conversation have one central theme: It must rain soon!
 
That is the other side of the coin of living in Africa, a reality, which consists of dust and sand and thin children and a constant worry about food and water.
 
Being confronted with this harsh reality let us, who are living in another world, take stock of our blessings like a swimming pool at home, water from a tap. and supermarkets from where we can stock up for our daily living.
 
And when you are reading this, join in prayer with the people of Marsabit for rain.

Wednesday, May 27, 2009

At Marsabit crater

Lodie: Ons ry

Ons het Woensdag so teen half 12 in Marsabit aangekom.
 
Dit was 'n lang, stowwerige en stamperige ry sedert Dinsdagoggend 8uur toe ons uit Isiolo weg is.
 
Daar is padwerke vir meer as 70 km. Dit het vir soms digte stofwolke gesorg wat byna ondeursigtig was. Vir die eerste keer was ek spyt dat my bakkie nie 'n snorkel aangehad het nie.
 
Dis 'n kuns om so 'n pad te ry. As jy is 'n staatsmotor of iemand anders se voertuig is, dan jaag jy dat die stofwolke staan. As jy in jou eie voertuig is, dan kruip jy. Die getal stukkende voertuie met flenters bande of uitgeskeurde skokbrekers is die bewys dat die eerste opsie nie die beste is nie. Ons het gistermiddag by so 'n 4x4 gestop. Hulle het al die vorige dag die skokbreker links voor uitgeskeur en het 'n dag later nog vir hulp uit Nairobi gewag. Ons het die een tot die volgende dorp saamgeneem sodat hy vir hulle water kon gaan haal. Dieselfde man het ons vanoggend nou weer gestrand langs die pad gekry. Hy was saam met TWEE (!) ander mans op 'n motorfiets op pad Marsabit toe gewees. Nou het die agterband die gees gegee.
 
Ons het gistermiddag vir Chai en 'n chapati by 'n winkeltjie gestop en toe byna 'n uur lank by die vriendelike mense gekuier. Vroegmiddag in bloedige, bloedige hitte het ons bo op 'n bergie by 'n verlate kerkie tent opgeslaan. Later het meisies 'n kerklied kom oefen en het Annami vir hulle Amazing Grace gelees. Na hul sangoefening het hul spontaan ingeval en die bergpaadjie met klippe begin opvul sodat ons maklik weer kon afry. Afrika.
 
Laasnag het 'n watchmens met 'n knopkierie en lang mes by ons geslaap.
 
Kort voor donker het 'n man die berg opgekom met twee bakke kos, rys en boontjies. Ons het ons stil geeet. (deelteken) Hulle het net brakwater daar. Ek wonder hoe lank dit duur om daaraan gewoond te raak.
 
Ons is vroeg weg van ons bergkoppie om die laaste ent Marsabit toe aan te pak. Verlede jaar het ek dit met die motorfiets binne 'n dag gery en baie ontwater hier opgedaag. Toe ek vandag die dorpie binnegery het, het my gedagtes ver pad geloop.
 
Donderdag so teen 11 pak ons die swaarste stuk pad aan. Ek hoop dat ons teen sononder by 'n radiotoring ;angs die pad gaan uitkom. Daar is een soldaat wat daar waghou. Daar gaan ons slaap.
 
Dit gaan verder goed met ons almal, geen probleme. Die reis, net soos verlede jaar is 'n oogoopmaker in die waarste sin van die woord.
 
Ons is nou 5 400 km van Naboom af.
 
Groete!
 

Annami: Tuesday 26 May

Tuesday 26 May
A day has come and gone yet again.  We saw the last bit of tar just 20km from just outside Isiolo.  My stomach still in a knot after we have greeted the Dutch owner.

In an attempt to stay out of trouble I finished up my blog entries the night before.  I was sure nothing could go wrong.  I would be up in time (as I set my alarm for six o'clock), the early morning coffee would be in time and best of all my luggage and the tent would be packed up and ready to go at least an half an hour prior to the agreed time (8 o'clock).

All smug and charged up for the day ahead I went to boil the water.  Everything was going according to plan.  As I fiddled around in our "kitchen" Lodie enlightened me that the owner paid him an overnight visit.  The owner addressed him about the burning bathroom light and a leaking tap.  
Fact of the matter is, that could only have been me.  I caused the uproar.  

I felt like a jerk and could most rightly be regarded as one.  In South Africa it could have been considerate to leave this one light on.  To be truthful I did not notice the light.  Back at home a leaking tap is not that odd an occurrence and one very often overlook something like this.
Back at home I have enough.  I can not recall a hungry night, a thirsty one only made its appearance if I happened to be to lazy to get out of bed to go and fetch a glass of water.  And this could not be regarded as thirst.

The Dutch guy came around that morning.  His mood being noticeably better.  If one takes into account that this poor man had to see after a bathroom light and a leaking tap some random camper did not pay proper attention to one can only understand his late night, early morning madness.
He never mentioned the nightly incident as they conversed.  

As we listened suffering became more real.  Drought played cat and mouse with these people.  Animals are dying in these conditions.  During the previous rain season the clouds bypassed the region to the north.  

Later that day I made a friend.  His name was Jonathan.  He surprised me with his interest and knowledge.  He asked me for a book or a magazine.  Anything to read.  Yet again I felt like a jerk.  This was another thing I took for granted.

I am a born African, and the further I explore my continent by birth and heritage the more I realise I've never bothered to figure her out.

Mama' Africa fed me.  I pushed her away.  

A few kilometers onwards I longed for her touch.
 

Annami: Maandag 25 Mei

Maandag 25 Mei
My kamera se battery het vanaand net voor ete gegroet.   Ek glo nou eenmaal as iemand sukkel om 'n storie te vertel is daar altyd 'n foto.  My wonderlike plan A, B en C.  Ander glo wel dat die skoenmaker hom by sy lees moet hou.  Miskien is dit maar beter so.

Daarom skrýf ek vanaand 'n verhaal van 'n harde land.  'n Harde hartland.

My verkyker 'n blote bakkievenster en 'n blits mik-en-druk onderweg van Nairobi, oor die ewenaar tot kort duskant Isiolo.  

Op papier of op die skerm vertoon alles altyd mooier of leliker as wat dit werklik is. 'n Man met sy gaar fiets lyk soos kuns.  'n Dogtertjie met skaam ebbehoutogies is net nog 'n kind.  Soms lyk die vroutjie agter op haar motorfiets soos 'n karakter uit die strokiesprent waarvoor mens eintlik net wil lag.  Vir baie mense is dit die enigste persepsie wat hulle ooit sal hê.    Die poskaarte en eindelose foto's van die gehuggies tussen Nairobi en Isiolo sal altyd net 'n brokkie realiteit (wat hulle konteks verloor het) bly.

Tot dusver was Kenia vir my niks anders as 'n gebroke liggiesee, 'n voorstedelike Nairobi tuin, buitengewone toiletgeriewe en "maiskolben" nie.  Soos wat ons uit Nairobi weggetrek het, was dit sub-tropies, daarna 'n bietjie bosveldagtig, later grasveld met 'n tikkie van 'n streek wat lyk soos die groen Kalahari.  Gehuggies met kleurspatsels en hulle inwoners (en meestal hulle fietse) het die pad versier.

Uiteindelik is ons deur die Noord-Kenia woestyn ingetrek.

 Net voor ons die grondpad bereik het, het ons afgetrek en Lucille aangetref.

Lucille is 'n Keniaanse meisie in 'n wat die winkeltjie by 'n meer afgeleë petrolstasie   Ek het haar gaan vra of ek haar badkamer kon gebruik.  Sy het uitnodigend geglimlag, haar hand uitgestrek, 'n sleutel opgetower en my op 'n drafstap in die badkamer se rigting gestuur en vinnig teruggedraf om Lodie en Anja te gaan help.

"Thank you my darling…" is al wat ek verdwaas kon uitkry.  Sy het dit gehoor, in die draf omgekyk en ons oë het vir 'n vlietende oomblik gesluit.  Ons het waardering in mekaar herken.  

'n Kamera was nie daar nie.  Maar sy vriend, Menslikheid, was wel daar.
 

Annami: Sunday 24 May

Sunday 24 May
After an early morning coffee I could finally orientate myself.   We were camping in an area that would probably resemble any South African suburban garden.  The only difference would be random monster vehicles surrounding us.  The occasional little tent also found its way though Jurassic Park (where overland trucks are the T-Rex's).  

Jurassic Park was none other than Jungle Junction.  It is Nairobi's refuge to happy campers and general overlanders.    

As Lodie just received his almost published book (Noord van Naboom) he spent a focused day just below his rooftop tent.  

On the other hand Anja and I decided to hit the road.  Actually it was the off-road.  I would rather not venture the smoothly tarred road.  I prefer myself (and for that matter Anja) alive.  Even on a Sunday this is not very likely if you choose the easy path in Nairobi.  Hell drivers finally got a face.  A "cleanwater" truck could be considered the meanest of them all.  

Anja lead the way to a shopping centre.  It is called the Junction.  

A taste of fun crossed our way as we found our friend Spiderman (manifested as a jumping castle) on the way to the entrance.   Locals befriended him as the jumped their way to happiness.  

We might as well have been in Sandton City in Johannesburg.  It was quite a bit smaller but the posh vibe did not deviate.  

Anja and I scooted around for some necessities until the heat finally got to us.  Anja treated me with a very cold (and always present) Coke.  Sy lavished on a cup of Masala Tea .  A glorious resemblance to Chai Tea.

After getting lost (and searching for noodles) in a hypermarket (similar to Pick 'n Pay hypermarket) we were once again on our way.  The temperature somehow managed to increase, making the combination food-liquid-shade a welcome mirage.  Dodging the racer-trucks we finally came to a stand still on the corner of our street.  

Earlier Lodie and Anja have been speaking about this thing called something that sound like "mice-colben".  I thought it to be one of those German words that I should rather consult my dictionary about.

I manage a certain level of third language German, but not enough to actually follow every thing they're talking about.  With times I calmly stop them in the commonly spoken English and kindly ask them to repeat whatever I am not sure about.  However, I decided this word is not worth the effort.

 On our way back to Jungle Junction nature took its course as Anja halted and asked me if I would like "maiskolben"?  I still heard "mice-colben"  (No Anja, I do not want to eat a mouse or even worse – its plural).  We couldn't manage German, English or Afrikaans.  We eventually resorted to sign language.  And the light flashed in front of me.  Or rather the smoke went up in flames.

Nairobi as such is quite foggy because the air is polluted.  Every now and again one passes a local sitting in front of an extra foggy heap. (I suppose one could call this smoke).  If you approach this you come to realise whoever is hogging that fog is actually busy with a mieliebraai (maize prepared on an open fire).                                                                                                                                                                                     
                                                                                                                                         
Just outside Jungle Junction we found a lady managing this enterprise.  This seems to be quite popular as many locals resort to this for a daily income.  It's also cheaper than anything else I have fest my eyes upon.  

Next to here a heap of abandoned maize leaves acquainted themselves with a few local flies.  As I leaned forward to take my braaied mielie she leaned over to package it in the fly-friendly leaves.  

Hunger got the best of me.  And it was scrumptious.  

Not even my own (I claim successful) tomato, onion, Thai-vegetable, coke, salt and sugar noodle dinner could outclass our flying friends' taste in cuisine.
 

Lodie: Foto's van Nairobi tot Marsabit

 

We are still moving

Monday, May 25, 2009

Our location 25 May

By die ewenaar!

Inge, middagete

Nairobi, die finale proef, en ek word nostalgies

Goeie more!
 
So lyk die finale proef.
 
Vandag behoort ons te vertrek. Behoort. Ek wil nou gou vroegoggend probeer vir 'n vinnige olietap en nuwe oliefilter vir die Toyota.
 
Ek geniet die lees van die boek baie. Ek sien baie na die finale produk uit.
 
Op hierdie Maandagoggend het ek so 'n stukkie nostalgie oor my. Ek weet nie hoekom nie. Miskien omdat ek oor hierdie week se ry voel soos ek oor my tweede Comrades gevoel het. 'n Mens weet wat wag ...
 
Of mens noodwendig uitsien?
 
Groete aan almal in goeie ou SA en ook aan julle ouens in die buiteland.
 

Sunday, May 24, 2009

G&T, die koloniale malaria afweerder van Oos-Afrika

O.R Tambo raak te klein


Annami: Dag 15 Nairobi

href="file:///C:%5CDOCUME%7E1%5CAnnami%5CLOCALS%7E1%5CTemp%5Cmsohtmlclip1%5C01%5Cclip_themedata.thmx">

Dis bitter min dat ek wakker word met die drang om op te staan. Maar gister was anders. My oë was minder swaar as ander dae. Iets was aan't gebeur. Dit het wel 'n ruk gevat om in te skop, maar die besef dat die inhoud van my tas nog oor die vloer gestrooi is, het my badkamer toe laat strompel.

Daar was eenvoudig nie tyd vir my standaard uur en 'n half wakkerword-prosedure nie. Dit was my beurt om mense met Afrika-staaltjies en waarhede te probeer vermaak. Om met sukses hierdie onderneming aan te pak, het wel die haal van my SAL-vlug behels.

My kamer is een van die grootstes in my kommune. Maar Indië is ook groot. Groot met baie mense. In my enkelbedjie het my pa die nag geslaap. My sussie is onderdompel deur kussings en ander warmmaak fieterjasies op my lang bank en ek en my ma en my 4-jarige boetie het die slaapbank beman. En dit omdat ek 'n ekstra kamer se sleutel in die doolhof van klerestrate verlê het.

Met die opstaanslag het elkeen sy nodige koers ingeslaan. Ek natuurlik nie ver nie, aangesien Berg Kleidungen (Klere) as't ware na Mohammed gekom het. Maar alles het bo verwagting goed gegaan. Alles het gepas. Die tas was nie oorgewig nie. Buiten 'n koerant het ek niks vergeet nie. Iets wat besonders is as 'n mens in ag neem dat ek hiper deur die weer is.

Die hele pakaas (insluitende die helfte van die gesin) was reg om te gaan toe die enigste glips van die dag plaasvind. My hek se afstandbeheerder het so effe wes geswenk van waar ek vermoed het, maar na 'n intense harekloof en operasie-die-herlewing-van-my-laaste-oomblikke-in-die-huis kon ons die kommune verlaat.

Voor ek mooi kon groet en my pa die lughawe met iets kon bestook, het die vliegtuig Nairobi se koers toe ingeslaan. Drie ure en vyftig minute later het ons oor berg Kilimandjaro neergedaal. Vanuit die lug laat Nairobi mens aan Johannesburg dink. Hier en daar is daar 'n donker kol (wat Anja as 'n gebrek aan straatligte geëien het) wat deur die liggiemassa filtreer het.

Op Jomo Kenyatta aangeland het ek twee klaende Afrikaanssprekendes gevolg. Bloot in 'n poging om rigting te hou. Dit is die eerste keer waar ek in'n lughawe met dieselfde lokaal vir die aankomste en vertrekke gekonfronteer is. Aangesien die aanwysings heeltemaal voldoende is, was dit nie 'n probleem nie, net 'n moontlike bron van verwarring. Nie doodsake nie.

'n Kortkop agter die neulendes staan ons en wag om deur die doeane-amptenare te beweeg. En om tyd te spaar is 'n man besig om visumaansoekvorms ('n Suid-Afrikaner het nie 'n visum nodig om in Kenia te kom nie) uit te deel. As deel van die hele proses vra hy my wat my nasionaliteit is. Uit die aard van die saak antwoord ek hom heel beleefd: "South African." Genade onbeskryflik groot dat hierdie Keniaan nie Afrikaans kan praat of verstaan nie.

Die twee landgenote voor my besluit om net daar en dan te verkondig dat hulle nou glad nie sal omgee om die land geweier te word nie. Hulle was al "te veel hier" en ek verbeel my die vrou se neus het al hoe skerper hemelwaarts beweeg.

Soos Lodie belowe het, is ek deur 'n see van naambordjies en taxi-bestuurders begroet. Die ongeluk was, net my naam was nie op een bordjie nie. Met die intree-slag sien almal jou en almal probeer jou aandag trek. Die arme drommels was net so verward soos ek. Hulle weet nie wie is Kiepie van Kluitfontein wie hulle moet optel nie. Raai raai riepa.

Ek kies toe maar die koers in wat lyk of dit die meeste moontlikhede bied. Hoe verder ek stap hoe meer wil ek proes van histeriese lagbuie. My naam is nie daar nie. Die moontlikheid dat die knaap (wat Inge vroeër op die lughawe Patrick genoem het) aan die ander kant van die vertrek staan, was wel daar. Ewe gemoedelik-benoud piekel ek terug. Hier en daar vra een "who are you looking for?'" (Dink: "My name…") Soos wat die een na die ander bordjie en vraende gesig voor my opdoem, sak my moed in my skoene. En net voor my moed my kuit bereik, koggel Lodie se stoutgat oë my agter sy kamera.

Nog nooit was ek so bly om vir hom vies te wees nie. Hy, Anja en die uwe, Patrick het my per taxi (soos belowe) Nairobi se nag laat invaar.

Daarna was Gin-en-Tonic goed vir die senuwees en om die aanslae van die muskiete af te weer.

'n Wit geteëlde gat in die vloer en vloeiende water wat die bose wegspoel, het my stoutste verwagtinge oortref. As jy die vloertoilet besoek en jy kyk op, kyk jy jou vas in 'n engelekransie. Dieselfde stortkop wat jou van reinigende water voorsien, versier jou troon.

Ek het'n glasie moes klink op 'n vyfster Afrika-toilet.

Annami se eerste oggendkoffie

a

Dit was laasnag koel in Nairobi.

Saturday, May 23, 2009