Saturday, July 18, 2009

Uiteindelik!


Een van die baie plekke waar ons Saterdag moes sit en wag sonder dat ons geweet het hoekom.


Die Toyota is veilig in sy "container"!

Na nog 'n lang dag in die son is alles klaar gereel. Ek het lanklaas soveel toonbanke en vorms en stempels en niksdoen en moeilikwees gesien soos die laaste paar dae.

Daar is more 'n skip maar ek weet nie of ons betyds klaar was met alles nie.

Die skip maak 'n wye draai oor Israel, Turkye, Engeland, Holland, Duitsland en dan Suid-Afrika toe! AS, groot as, die Toyota wel op more se skip sou wees, sou dit eers 29 Augustus in Durban aankom.

Die "container" is 'n 20 voet houer. Die Toyota is alleen daarin. Ek voel gerus dat die bakkie goed beskerm is teen alle elemente.

Ek moes al die vensters ooplos. Anja het droogweg opgemerk dat as die skip sou sink, die bakkie gouer kan sink.

En so gaan die Toyota sonder visum Duitsland toe ...

No comments:

Post a Comment