Sunday, July 12, 2009

Lizelle: Western Desert



O wee! Bagdad 180????

Bus-stop.





Hierdie storie sal ek moet vertel selfs al is die internet slak stadig vandag!
Ons het weer 'n belaglike rekening gekry, soos net in Egipte. Dit was van 'n restaurant by 'n hotel waar ons oorgebly het. Ons het toe besluit om eerder ons ontbyt van die volgende oggend in te ruil vir die ete. Die volgende dag, terwyl Lodie die bakkie pak, gaan Anja om die rekening te betaal. Na 45 min en nie 'n oog van Anja nie, het Lodie 'n ogie gaan gooi om te sien of alles in orde is. Anja se gesig het boekdele gespreek. Al wat sy kon uitkry is "die sind so stur. So stur!!!"
("Hulle is so hardkoppig. So hardkoppig.) Om 'n lang storie kort te maak, Anja het gedink ons het reeds die ete betaal en het dit toe afgetrek by die totaal. Maar, ons het dit nog nie betaal nie en dit is toe hoekom die mense so "hardkoppig" was. Arme Anja het so skaam gekry toe sy die fout besef. Maar...


...Anja het betaal vir haar fout... :-)




Hierdie man is besig om die koran te lees.







Hierdie dorp waar ons oorgebly het is eintlik 'n oase. In ons gedagtes het ons dit bietjie anders voorgestel. Terwyl ek en Lodie die een oggend gaan stap het, het ons op hierdie bron van water afgekom. Dis boorwater en hierdie pyp met 'n deursnee van seker minstens 30cm, borrel van al die water wat daar uitkom. 


Oits, was dit nou lekker om hierdie pakkie te ontvang! Die FSA-crew was so oulik om vir elk van die AOH lede 'n oorlewingspakkie te maak. Ek was kinderlik opgewonde! Dankie Lize en Amanda!!!! Ek hoop om julle nog te kan ontmoet.

Lodie is darem nog nie heeltemal 'n Arabier nie. Hy sukkel nog 'n bietjie om sy kopdoek om sy kop te kry met die woestynwind. :-)

Heerlike ontbyt. Pita brode, foul (amper soos 'n boontjie sop) gebraaide groen balletjies (het geen idee wat dit eintlik is nie, maar dis lekker,) tamatie en eiervrug.


Die 10 000km merk!!!

No comments:

Post a Comment