Thursday, July 9, 2009

Lizelle: Vinnige update

Ons sit in die middel van die woestyn, by 'n oase, by 'n buite-tafel en laai 'n blog post. Kan jy dit nou meer. 'n Rukkie terug het daar 'n grooooooot spinnekop hier rond gehardloop.

Daar is skielik so baie waaroor ek wil gesels, maar die tyd is bietjie beperk vanaand, so hier is 'n paar van my gunstelinge!

Terwyl Lodie die Toyota se hope papierwerk en "bakshis" (soms omkoopgeld, soms 'n tip, soms 'n beloning...wie kan se) moes hanteer, het ek en Anja Aswan se strate plat gestap. Hier is hulle besig om hordes van hulle plat broodjies te maak, wat lyk en smaak soos "pitas."




Feluka-rit.


Kameel rit. Regte toeriste, maar was lekker!



Weer die lekker aandlewe in die straat.

Ek en Anja het sowaar vir Lodie alleen agter gelaat en 'n 2dag Nyl-bootreis gedoen. (Dankie Lodie! Ons is seker jy het ook 'n ontspanne tyd sonder dames gehad. :-))



Hierdie foto is ook van ons boot af geneem, maar hier kan julle sien hoe die Felukas lyk waarvan ek vroeer gepraat het.

Gedurende die reis het ons 2 keer afgeklim om na ou tempels te gaan kyk. Hier is ons oppad in 'n perdekar.

Die detail is ongelooflik. Oral-oral-oral is daar prentjies uitgekerf.




My mond het oogehang toe ons groot boot deur hierdie kanaal moet gaan. Dit is met redelik min moeite reggekry!



Net omdat die interessant is:
Verlede jaar moes Lodie in 'n konfooi ry. Dit is nou afgestel, maar die polisie hou 'n mens fyn dop. Ons moes reeds 2 aande in 'n ry 'n verklaring onderteken dat ons geen spesifieke polisie beskerming wil he nie.

Oor 3 dae (Sondag aand) kom ons al by die piramides van Giza, net suid van Kairo aan. Dis die simboliese einde van die rit.
Hmmmm.


1 comment: