Monday, July 6, 2009

En daar gaan hulle!

Totsiens! Tot in Luxor!

Soos twee Queens wuif hulle vir die drommels wat agterbly!

Hul boot, die Rennaisance.


Anja en Lizelle gaan vir twee dae op 'n boot op die Nyl vaar.

Hier in Aswan bestaan baie moontlikhede vir so 'n Nylvaart. Ongelukkig kan mens nie die Toyota saam op die boot neem nie. Ek ry nou padlangs na Luxor toe en kry die twee Woensdagoggend in Luxor. Ek gaan dan al weer aan die hitte gewoond wees. Hulle aanpassing na twee dae van lugverkoeling en drie buffetetes per dag en selfs 'n haardroer in die badkamer gaan (hopenlik) hard wees. Nou klink ek 'n bietjie jaloers :)

Anja het met smaak vertel hoe mooi alles aan boord is, en hoe spoggerig hulle kajuit en badkamer is.

Gelukkig kan die Toyota nie sink nie.

2 comments: