Dis snaaks. Egipte is tog so dieselfde en tog soooooo anders as Soedan. Hier is ook mense met lang wit klere, hier is dit ook droog en warm, hier is ook donkies, kamele en koue Nyl water. Maar hier is ook baie toeriste, baie meer geldmaak-geleendhede en luukshede.
Die eerste indrukke wat ek van Aswan gekry het, was...droog. Dit word gesien as een van die droogste stede ter wereld. 10mm per vierkante meter 'n jaar. As dit nie vir die Nyl was nie, sou die dorp nie kon bestaan soos dit tans doen nie. Hierdie eerste foto het uit die taxi geneem toe ons van die ferry op pad Aswan toe was.
Ons woon in 'n heerlike hotel, die Paradise Hotel. Ek en Anja was kinderlik opgewonde toe ons 'n badkamer met 'n stort en "troon-toilet" sien. My kamer se stort en toilet "deel 'n spasie", maar dit maak nie saak nie. Ook dit word weer droog. 'n Mens beplan maar net so 'n bietjie vooruit.
Hierdie was by 'n hotel langs ons s'n. Lodie en Anja was baie in hul noppies om na 'n lang alkohol-droogte weer 'n bier te mag drink. Tot ek het 'n sluk of 2 gevat. Die gasvryheid van hierdie land werk bietjie op 'n ander sisteem as die van Soedan.
Daar is hordes stalletjies in die straat wat ons woon. My kamer kyk uit op die straat en in die aand, wanneer dit koeler is, begin dit lewe. Almal wil jou aandag he en ek en Anja het al oorweeg om beurte te maak om die rotoriese vrae te antwoord. Dis altyd iets in die lyn van: "Hello. Whats your name. Where your from. Egyptian price for you."
Dan ook heel gereeld: "We pay you for looking."
Of: "I know what you are looking for. ME!"
Of: "We pay you for your smile."
Of: "You are beautiful."
Ens ens ens.
Jammer Anja, ek weet hierdie is nie die mooiste foto van jou nie! Maar...ek moet die roomys storie vertel.
Die eerste dag was ons uitgehonger vir roomys. (Soos wat Lodie en Anja was vir 'n yskoue bier na die alkohol-droogte in Soedan.) Ons het by 'n winkeltjie 3 roomyse gekoop en dit het elk 10 Egiptiese pond gekos. Ons betaal nou al 3 Egiptiese pond. Hierdie mense ry die toeriste. Ek kan nie met mense stry oor pryse nie, maar hier is dit noodsaaklik. 'n Klein botteltjie water se prys is altyd eers 5 pond, maar aangesien ons nou al weet 'n mens kan 1.50 betaal, betaal ons nie sommer meer nie.
Uit my hotel kamer. Ek geniet dit soooo baie om net by die venster te staan en uit te kyk. Oral en altyd is daar mense. Die laer dakke het hordes gemors/weggooi-goed op en elke hoekie het 'n skottel vir hul TV's. Ek sien katte wat uit stalletjies gejaag word, Lodie wat redeneer oor die koffie se prys, toeriste wat weer en weer moet nee se vir gretige verkoopsmanne, water wat voor die stalletjies gegooi word teen stof en hitte, hope pitta broodjies wat sommer so met die hand weggedra word, kinders wat met hul fietse deur al die mense vleg en bedel handjies. Ek hoor die getoet van motors, die sing-gebede vanuit die moskees oor luidsprekers, mense wat lekker gesels, die gekap-kap van metaal om aan te dui as die persoon wat gasbottels hervul verby kom en donkie hoefies op die paaie.
Ek ruik die speserye van elke 2de stalletjie, die koffie van langsaan, die schwarma vleis wat gaargemaak word, die rou vleis wat langsaan verkoop word en die "pita" broode vrylik beskikbaar is.
McD's!!!! Kan jy nou meer. Dis waar ek nou sit, want hier is verniet internet!
Ek het die eerste stokou piramide in Aswan se strate gesien!
Hoe kan ek nou nie die ou donkietjie afneem nie?
Ek het geweet daar moet iewers in Afrika 'n McDonald's wees!!! Lodie en Anja - ek hoop die roomys was lekker :)
ReplyDeletesjo, wil graag jou stories hoor wanneer jy terugkom
ReplyDelete