Ons het die lang pad na ons laaste dorp in Soedan aangepak.
Daar was groot dele wat baie van niks gehad het.
Ons het Wadi Halfa bereik. Die nuwe een. Die oorspronlike een was so 40km weg, maar nadat Egipte hulle "high wall" vir water gebou het is die oorspronklike Wadi halfa oorspoel. Op meer as een geleendheid het die mense sommer spontaan daaroor met ons gesels. Hulle wil graag weer hul dorp opbou tot sy glorie van tevore. Op die oomblik hang die dorp se bestaan baie af van die trein wat een keer 'n week hier stop, met mense wat oppad Egipte toe is.
In die aand word TVs na buite gedra. Mans sit te heerlik in die aandlig en kyk. Ek en Anja kon nog 2 vrouens sien. Ons het die volgende dag uitgevind hulle werk by die plekkie waar ons hulle gesien het.
Die eerste 2 aande het ons in 'n hotel gewoon. Ek het so gelag want tewyl Lodie vir die man gevra het of dit steeds die beste hotel in Wadi Halfa is, het hy in sy neus gekrap.
Die laaste 2 aande het ons by Mazar Mahir se huis oorgebly. Hy het Lodie gehelp met al die papierwerk vir ons en die Ferry om oor te gaan Egipte toe.
Hier het 2 vroue die hele dag goed voorberei vir ramadan. Met die taal verskille is dit moeilik om presies te weet wat dit is, maar dit word gaar gemaak tot dit amper soos 'n dun, harde pannekoek lyk. Daarna word daar weer water oorgegooi en dit word gedrink. Ek was seker so 5 min daar binne, maar ek kon dit nie hou nie. Buite was dit seker minstens 40'C en hier binne het 2 vure ook nog gebrand. Hulle het die hele dag so op hulle hurke voor die vuur gesit.
Mazar is 'n regte besigheidsman. Hier is hy oppad werk toe. Hy bere sy los papiere en geld in sy rekenaar se boks.
Mazar se suster, wat ook nog by sy ouers se huis woon, verhuur hierdie trourok.
Ek en Anja is genooi om iewers heen saam te gaan. Ons was nie seker waarheen ons oppad was nie, maar ons het gegaan. Toe ons daar aankom vind ons uit dat daar 'n troue die volgende dag in Wadi Halfa is en klomp vrouens het bymekaar gekom om te help met die kos. Dit was heerlik om te sien hoe almal daar is om te help. Ek het uie geskil tot my oe so getraan het dat hulle besluit het om my eerder na die aartappel afdeling te verskuif. Anja het my uie-mes gekry. Go Anja!
Hierdie motorfiets het aan 'n Duitser behoort. Mazar het dit nou in sy tuin. Slegs die motorfiets en die Duitser se kamera is in die woestyn, nie te ver van Wadi Halfa gevind. Op die kamera was daar fotos van 'n hyena, nader en nader. Aangesien die Duitser gesit het, is hy gesien as 'n maklike ete.
Die dag het aangebreek om op die ferry te klim wat ons na Egipte neem. Dit was sowaar 'n belewenis op sy eie. Die water was so kalm dat dit soms soos 'n swembad gelyk het. Ons was byna net die halfde van die hoeveelheid mense wat Lodie-hulle verlede jaar was. Vele mense het 3de klas gevaar. Dit beteken dat jy maar iewers buite op die dek mag slaap.
Ek is nie 'n groot "fan" van sonsondergang foto's nie, maar ek kon nie help om klein bietjie hartseer te voel toe ek die son vir die laaste keer oor Soedan sien sak nie. Ek het lief geword vir die land met al sy mense en dinge.
En ek dink dit was dalk nie net ek wat nagedink het oor ons tyd in Soedan nie. Hierdie Amerikaanse man was die enigste ander wit persoon op die boot. Hy het met ons kom gesels. Hy moes al na aan die 70 wees en toer al vir 'n hele paar jaar. Hy het 3de klas gereis. Toe ek hom vra hoekom hy reis, kon hy my nie eintlik antwoord nie. Iets daaraan was vir my baie hartseer.
Ek, soos soveel ander glo ek, het beslis 'n ander persepsie van Soedan na julle foto's en vertellings...dit is regtig pragtig en ek hoop ek kan dit eendag self sien!!
ReplyDeletePrastige foto's, soos altyd!!