Tuesday, July 28, 2009
Die Einde van Africa our Home I
Friday, July 24, 2009
Emirates
Not only did Emirates fly us home, all 3 of us were upgraded to FIRST CLASS!
From the Africa our Home team a big thanks to EMIRATES!
Thursday, July 23, 2009
Afskeidsfoto van Kairo
Eet en drink in Kairo
Of 'n glas melk, gemeng met 'n bietjie suiker en natuurjoghurt.
Elke paar meter is 'n plek waar lekker broodjies met vleis, soos 'n Doener kebab, gekoop kan word. Die oorspronklike vars vleis hang dikwels sigbaar. Of dit goed is ...
Skande dat so iets stinkend voor 'n kitskos eetplek gegooi word. En dan wys 'n blink man in 'n blink motor dat ek dit nie mag afneem nie. En wie is die skuldige?
Die kolonel in downtown Kairo. Marizanne, stuur maar die foto's aan die kolonel se hoofkantoor.
Wednesday, July 22, 2009
Kairo, die grootste stad op die Afrikakontinent
Dit was vroegoggend en sy het slapend by haar stalletjie gesit. Hoe vroeg moes sy opstaan?
Egiptiese museum
Op een van die baie brue oor die Nyl. Kairo is vir my 'n mooi stad, as dit net nie vir die baie motors was nie ...
Monday, July 20, 2009
Hotel Windsor, Kairo
Ons het laatmiddag uit Alexandrie weer in Kairo aangekom.
Verlede jaar was die Windsor my tuiste vir drie dae. Dit is in downtown Kairo. Die gebou is vaal, onaansienlik, glad nie uitnodigend nie maar heelwat goedkoper as enige ander goeie hotel.
Voor die hotelletjie staan stoele en tafels uitgepak tot in die straat wat tweerigting verkeer dra maar nie eers wyd genoeg is om een groot motor te laat deurry nie. Hier sit die manne. Oud. Minder oud. Jonk. Langs elke tafeltjie staan 'n waterpyp. Saam met die waterpyp kry jy nog 'n koppie vars tee met kruisementtakkies wat jy afbreek en in die tee gooi. Na so twee minute haal jy dit uit en laat die verlepte takkie langs die koppie op die silwer skinkbord le.
Ek het verlede jaar my enigste e e n s a m e dag hier beleef. Toe het ek by die Egiptenare gaan sit en tee gedrink en 'n waterpyp met appelgegeurde tabak ge-"puff".
Vroegaand vandag het ek dieselfde weer gedoen. Dit was lekker. Een van die werkers het my herken en sommer die waterpyp driekeer kom herlaai. Die tee was lekkerder as verlede jaar. Die mannetjieskatte patrolleer nog steeds hulle kant van die straat en blaas vir die indringers. Straatverkopers met sonbrille en papiersakdoeke en penne verpes jou steeds om iets van hulle te koop.
Dis toe dat die besef hom in my kom tuismaak het. Ek moet nog eenkeer met die KLR hiernatoe kom. Nog net eenkeer.
Wat die Windsor betref, dit was al tuiste vir talle rolprentsterre, en etlike Hollywoodfilms is al in die ou afgeleefde dame geskiet.
Haar gloriedae is verby, maar die herinneringe hang nog in swart-en-wit foto's teen die mure.
Ek voel soos die Windsor lyk. Ek het in Khartoem opgehou skeer en is verbaas oor hoe wit my baard is. Soos die Windsor is baie dinge net herinneringe. Maar ek weet ek moet nog weer eenkeer hier kom sit met 'n koppie kruisementtee terwyl ek na my motorfiets sit en kyk.
En ek moet dit doen voor ek nie meer op my motorfiets kan kom nie!
Saturday, July 18, 2009
Uiteindelik!
Na nog 'n lang dag in die son is alles klaar gereel. Ek het lanklaas soveel toonbanke en vorms en stempels en niksdoen en moeilikwees gesien soos die laaste paar dae.
Daar is more 'n skip maar ek weet nie of ons betyds klaar was met alles nie.
Die skip maak 'n wye draai oor Israel, Turkye, Engeland, Holland, Duitsland en dan Suid-Afrika toe! AS, groot as, die Toyota wel op more se skip sou wees, sou dit eers 29 Augustus in Durban aankom.
Die "container" is 'n 20 voet houer. Die Toyota is alleen daarin. Ek voel gerus dat die bakkie goed beskerm is teen alle elemente.
Ek moes al die vensters ooplos. Anja het droogweg opgemerk dat as die skip sou sink, die bakkie gouer kan sink.
En so gaan die Toyota sonder visum Duitsland toe ...
Friday, July 17, 2009
Thursday, July 16, 2009
Alexandrië o Alexandrië
Tuesday, July 14, 2009
Totsiens Lizelle!
Ons reis in 1 000 km dele
1 000 km: Hwange Nas. Park, Zimbabwe
2 000 km: Zambie / Zambia
3 000 km: Malawi
4 000 km: Tanzanie / Tanzania
5 000 km: Noord-Kenia, net voor die ewenaar / Northern Kenya just before the equator.
6 000 km: Ethiopie / Ethiopia
7 000 km: Ethiopie / Ethiopia
8 000 km: Soedan / Sudan
9 000 km: Soedan, Nubiese woestyn / Sudan, Nubian desert
10 000 km: Egipte, Westelike woestyn / Egypt, Western Desert
11 000 km: 10 vingers plus een waterbottel, Noord-Egipte / 10 fingers plus one water bottle, Northern Egypt