Nou ja. Ek kan skaars glo hierdie is die koebaai van die eerste AOH.
Soos Lodie in 'n mail geskryf het: "So het maande en maande se uitsien en beplanning gerealiseer, en nou is dit verby."
Sommer net so.
As mense my vra hoe die trip was, kan ek net sê: "'n Belewenis wat my as mens verander het."
Dan is die volgende vraag: "Wat was die hoogtepunt?"
Dan ek kan met baie sekerheid sê: "Soedan se mense."
"En dit laagtepunt?"
"Egipte se mans." (Nie almal nie, maar die overall. As ek maar mag veralgemeen.)
Toe sê iemand: "Maar jy sê dan net 'die mense.'"
Dis toe ek dit ook die eerste keer so besef. Dit is die mense.
Ek die mooiste natuurskoon gesien. Ek het onder die sterre geslaap, die White dessert het my tone gebrand, ek het die Nyl gesien sonder om te kan sien waar dit begin of eindig, ek het bokke gemelk, kameelmelk in tee gedrink, die kameel gery, kosse leer liefkry wat ek nie geweet het bestaan nie, vars dadels geeet, die "deuntjie toeters" van die busse leer liefkry, die son rooi sien sak oor Soedan, die son mooi sien verdwyn agter die piramiedes en soms in die woestyn kon ek my oë toemaak en daar was net eenvoudig doodse stilte. (Behalwe die bloed in jou ore wat jy kan hoor.) Dit alles was wonderlik. Regtig-egtig wonderlik. Maar op die ou end was dit die mense. As jy oor 50 jaar weer vir my moet vra, mag ek dalk al baie van die detail van die roete vergeet het, maar daardie mense het iets gedeel wat aan my hart kom kleef het.
Dit bring my uit by my "foto van die trip."
Ek dink julle gaan verras wees oor my keuse, maar dis vir my soos 'n simbool van dit wat ek in my hart voel:
Ek het gewonder hoe dit gaan wees om weer terug na die "normale lewe" te keer, maar ook besef ek het iets gemis terwyl ek weg van die huis was.
My mense.
Ek het vir my ma in die Karoo gaan kuier en teen dit tyd wat ek terug Stellenbosch toe moes gaan, het sy vir my die volgende gegee:
No comments:
Post a Comment