Sunday, August 2, 2009

Auf wiedersehen von Inge!

Na maande se beplanning, voorbereiding en 'n warrelwind van emosies is ons reis amptelik verby. Dis lekker om by die huis te wees, maar jy weet 'n deeltjie van jou sal altyd bly daar waar jy orals was. Dit bring my vlugtig na hierdie punt:

'n Spesiale dankie aan elke liewe mens wat hierdie projek moontlik gemaak het. Dit was 'n ongelooflike voorreg om hiervan deel te wees! Ek gaan'n reël breek en twee foto's opsit (jammer!!). Danksy Lodie, Anja, Annami, Marizanne en Lizelle het ek nou 'n deeltjie van 9 van Afrika se mooiste lande reg hier by my. Dankie vir julle bydrae tot my groeiende doppie versameling. Julle het saam 'n whopping 128 vir my terug gebring:


Dit bring my dan na my tweede en laaste punt. Ek het in 16 dae deur 6 van Afrika se mees tropiese en mooiste lande gereis. Dit was vir my moeilik om dus vriendskappe aan te knoop, want ons was nie juis lank op een plek nie. Daar was egter een persoon, op een dag wat 'n impak op my gemaak het. En dit is die pragtige drie-jarige dogtertjie, Thuli. Hierdie dogtertjie met die geskeurde feetjie-rok het vir my Afrika opgesom: arm, mooi, liefdevol...en word aan die lewe gehou deur toerisme. As ek dink aan Afrika, dan dink ek aan Thuli en hoe sy na my opstaar met haar hande propvol lewendige sprinkane...


PS: Sy het dit ook reg gekry om my handeviervoet te laat staan en soos 'n leeu te brul...Lodie het dit nie op video nie, moet hom nie eers vra nie...;-)

No comments:

Post a Comment