As iemand dit vir my in 2004 gevra het, sou ek waarskynlik niks genoem het wat naastenby as AoH geklassifiseer kon word nie. Nou verstaan ek vir die eerste keer hoekom mense verwys na 5 jaar as ‘n bepalende tydsraamwerk. Daar word nie verniet gepraat van regression to the mean (ek dink dit is lineêre gemiddeldekwadraat-regressie in Afrikaans) nie. Oor die langtermyn keer als weer terug na normaal toe. Mense ook. Hopelik as verbeterde weergawes van hulself.
Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer besef jy hoe kosbaar die lewe is. Ek het in Januarie 20 geword en toe iemand vir my sê: “Geluk, jy is halfpad veertig toe!” het die skok my getref. As oogroompies nie so duur was nie, het ek dit regtig aangeskaf om die plooitjies teen te werk.
Ek het besef dat ek nie een van daardie mense wil wees wat op 35 my bucket list eenvoudig in die drein afgooi nie. Op die ou end gaan ons almal dood. Dit is net boontoe of ondertoe wat nie alleenlik in ons hande is nie.
Gevolglik het ek dinge begin aanpak en doen wat ek nie 5 jaar terug sou doen nie. Sover was dit alles die moeite werd. Ek glo AoH gaan ook so wees. Daar is gevare en siektes en onsekerheid, maar dit is deel van die avontuur.
Hierdie is ‘n aanhaling uit die fliek, The Curious Case of Benjamin Button. Dit som my boodskap van hierdie blog perfek op.
“For what it’s worth, it’s never too late, or in my case too early, to be whoever you want to be. There’s no time limit... start whenever you want... you can change or stay the same. There are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. I hope you see things that stop you. I hope you feel things that you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life that you’re proud of and if you find that you’re not, I hope you have the strength to start all over again.”
Prost!!!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment