Monday, March 23, 2009

Ons kuier op Sondag 15 Maart 2009

Inge

Marizanne

Lizelle

en sy kliek so graag!

Annami

Die AoH sweaters


Sondag 15 Maart 2009

Gister het Africa our Home 'n stukkie nader aan realiteit gekom toe ons vier deelnemers vir die eerste keer ontmoet het.

Lizelle en Marizanne het vroegoggend van Kaapstad ingevlieg, en Inge en Annami het van Pretoria ingeblits gekom. Net Anja was nie daar nie, wat 'n mens kan verstaan. Duitsland is 'n bietjie ver van hier.

Ons het die dag op die plaas van Gerhard en Nettie de Villiers deurgebring. Hul dogter, Elmarie, was 1994 een van ons uitruilstudente.

Hier is so lank 'n paar foto's van die span. Beter foto's is op pad!

No comments:

Post a Comment