Monday, March 23, 2009

Lizelle sê hallo!

Aangename kennis Afrika-lovers!

Ek is Lizelle, het gedink moet darem net "gesig wys." Soos die res van die AoH span was ek ook op die nippertjie van 'n opwinding-ineenstorting, of miskien eerder uitbarsting, toe ek hoor ek het die voorreg om deel te wees van hierdie span en al sy ervarings. En selfs al is ek so opgewonde, moet ek myself nog steeds somtyds herinner dat dit regtig waar is!

Ek is 'n fotograaf en is mal oor my werk.

Avontuur laat my opgewonde, die onbekende is 'n skatkis, dokumentering is 'n passie en lewens-horison-verbreeding is 'n moet. En dit is hoekom ek aansoek gedoen het.

Ek wil graag my menswees met julle deel deur die toer. Ook my unieke manier waarop ek dinge ervaar en vasvang. Ek weet dit gaan baie meer as net km's wees wat afgelê gaan word. Ek dink mind-shifts gaan spontaan gebeur, 'n mens gaan dele van jouself ontdek en heel waarskynlik moet deal daarmee soos die kilometers afgelê word. (En heel waarskynlik die kilogramme ook, aangesien die Sahara en inheemse kosse van Soedan en Egipte my vol in die oë gaan staar! Heheee.

Nou dat ek daaraan dink, ek weet nie regtig hoe ek dit sal hanteer as 'n brandmaer kindjie my in die oë kyk nie. Ek dink dit is 'n mind-shift op sy eie.)

Nou ja, ek wou eintlik maar net vinnig hallo sê.

Hou ons op hoogte met wat julle dink en voel.

Ek sien uit!

No comments:

Post a Comment