Friday, March 27, 2009

Thursday, March 26, 2009

Terugvoer op Nuusbrief 5

Jacques Roos, Welkom:

Goed om te sien dinge begin inmekaar pas. Die tyd vlieg so vinnig, as jy weer sien, is dit sulke tyd. Geniet die beplanning en voorbereiding.

Annemarie van Zyl, Australië:

Dankie vir die nuusbrief en ek sal 'n gereelde een waardeer.

Krap Venter, Pretoria:

Great,dinge lyk mooi.

2 dinge, wat is jou brooddeegresep?

En ubuntu , die stamwoord is untu in AFRIKA. Dit verwys in die meeste tale na 'n mens, bv. muntu, abantu, motho ens.

Monday, March 23, 2009

So langsam wird es Frühling in Deutschland und ich freue mich auf den afrikanischen Winter!
 
Auch ich bin dabei die wichtigsten Visas zu bekommen. Insgesamt sind es acht. Nur für Malawi benötige ich kein Visum.
Bis jetzt hat mein Pass drei Visas: Tansania, Kenia und Äthiopien. Das ist echt aufregend und jedes Mal, wenn ich den Pass zur nächsten Botschaft schicke, hoffe ich er kommt auch wieder zurück.
Ich möchte nicht darüber nachdenken was wäre, wenn er bei der letzten Botschaft verschwindet...
Im Vorfeld hatte ich die Botschaften angerufen. Alle waren nett und es hörte sich so an, als wenn es keine Probleme geben könnte.
So ist es auch bisher. Ich bin positiv überrascht, weil ich es mir schwieriger vorgestellt habe.
 
Ich bin schon ziemlich aufgeregt und freue mich auf die unterschiedlichen Menschen, denen wir auf der Reise begegnen werden. Ich glaube, dass wenn wir ihnen mit Respekt und Hochachtung begegnen, dann werden wir die Gastfreundschaft kennenlernen. Das wird schön.
 
Schöne Grüße aus Deutschland!
Anja

Lizelle sê hallo!

Aangename kennis Afrika-lovers!

Ek is Lizelle, het gedink moet darem net "gesig wys." Soos die res van die AoH span was ek ook op die nippertjie van 'n opwinding-ineenstorting, of miskien eerder uitbarsting, toe ek hoor ek het die voorreg om deel te wees van hierdie span en al sy ervarings. En selfs al is ek so opgewonde, moet ek myself nog steeds somtyds herinner dat dit regtig waar is!

Ek is 'n fotograaf en is mal oor my werk.

Avontuur laat my opgewonde, die onbekende is 'n skatkis, dokumentering is 'n passie en lewens-horison-verbreeding is 'n moet. En dit is hoekom ek aansoek gedoen het.

Ek wil graag my menswees met julle deel deur die toer. Ook my unieke manier waarop ek dinge ervaar en vasvang. Ek weet dit gaan baie meer as net km's wees wat afgelê gaan word. Ek dink mind-shifts gaan spontaan gebeur, 'n mens gaan dele van jouself ontdek en heel waarskynlik moet deal daarmee soos die kilometers afgelê word. (En heel waarskynlik die kilogramme ook, aangesien die Sahara en inheemse kosse van Soedan en Egipte my vol in die oë gaan staar! Heheee.

Nou dat ek daaraan dink, ek weet nie regtig hoe ek dit sal hanteer as 'n brandmaer kindjie my in die oë kyk nie. Ek dink dit is 'n mind-shift op sy eie.)

Nou ja, ek wou eintlik maar net vinnig hallo sê.

Hou ons op hoogte met wat julle dink en voel.

Ek sien uit!

Waar sien jy jouself oor 5 jaar? - Marizanne

As iemand dit vir my in 2004 gevra het, sou ek waarskynlik niks genoem het wat naastenby as AoH geklassifiseer kon word nie. Nou verstaan ek vir die eerste keer hoekom mense verwys na 5 jaar as ‘n bepalende tydsraamwerk. Daar word nie verniet gepraat van regression to the mean (ek dink dit is lineêre gemiddeldekwadraat-regressie in Afrikaans) nie. Oor die langtermyn keer als weer terug na normaal toe. Mense ook. Hopelik as verbeterde weergawes van hulself.

Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer besef jy hoe kosbaar die lewe is. Ek het in Januarie 20 geword en toe iemand vir my sê: “Geluk, jy is halfpad veertig toe!” het die skok my getref. As oogroompies nie so duur was nie, het ek dit regtig aangeskaf om die plooitjies teen te werk.

Ek het besef dat ek nie een van daardie mense wil wees wat op 35 my bucket list eenvoudig in die drein afgooi nie. Op die ou end gaan ons almal dood. Dit is net boontoe of ondertoe wat nie alleenlik in ons hande is nie.

Gevolglik het ek dinge begin aanpak en doen wat ek nie 5 jaar terug sou doen nie. Sover was dit alles die moeite werd. Ek glo AoH gaan ook so wees. Daar is gevare en siektes en onsekerheid, maar dit is deel van die avontuur.

Hierdie is ‘n aanhaling uit die fliek, The Curious Case of Benjamin Button. Dit som my boodskap van hierdie blog perfek op.

“For what it’s worth, it’s never too late, or in my case too early, to be whoever you want to be. There’s no time limit... start whenever you want... you can change or stay the same. There are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. I hope you see things that stop you. I hope you feel things that you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life that you’re proud of and if you find that you’re not, I hope you have the strength to start all over again.”

Prost!!!

Anja

Hallo zusammen!

Ja, wer hätte das gedacht? Es gibt sie wirklich, die Träume, die in Erfüllung gehen :-)

Noch vor einem Jahr war solch eine Reise ein für mich wahrscheinlich nie in Erfüllung gehender Traum.

Ich reiste mit einer Freundin durch Äthiopien, wir trafen Lodie auf seinem Motorrad, wir lernten einige Reisende kennen und alle
machten so was ähnlich "verrücktes" wie Lodie.

Die Sehnsucht, dass auch mal erleben zu dürfen wurde immer größer, aber es war einem klar, es ist ein Traum und wird bestimmt auch einer bleiben.

Das sind die herrlichen Dinge im Leben, dass man nie weiß, was die Zukunft bringt!

Auch wenn so oft von der guten alten Zeit gesprochen wird, so finde ich, dass das Leben auch immer wieder neue positive Impulse gibt.

Africa our Home ist so was! Ich bin dankbar dafür, dass ich die Möglichkeit habe an der Reise Africa our Home teilnehmen zu dürfen!

Ich freue mich, die anderen Teilnehmerinnen kennen zu lernen, den Kontinenten Afrika zu erleben und bin auf alles gespannt was kommt.

Inge: Officially vaccinated!

Goeie more...

Ek en Annami is toe nou uiteindelik vanoggend Intercare sentrum toe (wat gerieflik genoeg baie naby aan ons altwee is). Ek was laat...maar dit daar gelaat. Ek sit toe by ontvangs en wag dat Annami in trane uitkom met bloed wat by haar arms afloop...But alas, sy het heel vrolik, vriendlik en traanloos by die deur uitgeloop.

Inspuitings ...

Nog inspuitings . . .

Ek volg toe die dokter, Dr. Seef Pretorius, in sy kantoor in. Hy is die ene grappies en terg oor die pyn wat hy my binnekort gaan aandoen. Vir iemand wat al genoeg in die hospitaal (vir verskeie redes) was, is ek maar 'n sissie as dit by inspuitings kom. Gewoonlik gaan dit: Teater > Inspuiting > Onder narkose en onbewus van pyn. Oh well.

Aangeheg is die foto van die inspuitings. Dit was ietwat van 'n teleurstelling. Ek sal graag wil sê dat dit in werklikheid groter was, maar dit was inteendeel klein en nie baie indrukwekkend nie. Dr. Pretorius het my die guns gedoen om twee van my inentings te meng, sodat ek net drie keer deur 'n naald geprik hoef te word...en nie vier keer nie....jammer Annami (sy het vier gekry..haha).

Nie so indrukwekkend nie ...

Ek volg toe die dokter, Dr. Seef Pretorius, in sy kantoor in. Hy is die ene grappies en terg oor die pyn wat hy my binnekort gaan aandoen. Vir iemand wat al genoeg in die hospitaal (vir verskeie redes) was, is ek maar 'n sissie as dit by inspuitings kom. Gewoonlik gaan dit: Teater - Inspuiting - Onder narkose en onbewus van pyn. Oh well.

Inligting van gawe Dr. Pretorius

Aangeheg is die foto van die inspuitings. Dit was ietwat van 'n teleurstelling. Ek sal graag wil sê dat dit in werklikheid groter was, maar dit was inteendeel klein en nie baie indrukwekkend nie. Dr. Pretorius het my die guns gedoen om twee van my inentings te meng, sodat ek net drie keer deur 'n naald geprik hoef te word...en nie vier keer nie....jammer Annami (sy het vier gekry..haha).

Dit was toe nie
die dramatiese affêre waarvoor ek my voorberei het nie. Ai, die teleurstelling.

Al wat ek het om te wys ...

Ek is egter trots om te sê dat ek nou, hier waar ek sit, intense spierpyne in my regterarm ervaar. Ek sukkel om my arm op te lig en rond te beweeg. 'n Mens besef nie hoe baie jy eintlik jou arm moet oplig of beweeg totdat dit nie intense pyn veroorsaak nie. Dit maak my tog gelukkig...want nou weet ek my drama was nie verniet nie. Masochisme op 'n beskaafde vlak.

Met 'n pleistertjie op die arm en 'n International Certificate of Vaccination or Prophylaxis is ek en Annami dus nou gereed vir die gevare wat Afrika vir ons inhou... Dr. Pretorius was selfs gaaf genoeg om vir ons elkeen sulke nifty inligtingsboekies met feite oor inentings en potensiële siektes en kwale te gee.

Tot later.

inge

Elzanne skryf:

Ek is Elzanne Robinson, ek is 'n ex fsa uitruilstudent van die Desember program in 2008.

Ek wil net sê ek dink hierdie Africa our Home projek is AWESOME, ONGELOOFLIK!!

Ek het baie geleer in Duitsland, maar die grootste ding wat ek geleer het is dat ek NOOIT in my lewe uit SA sal verhuis nie. EK BLY NET HIER. DIT IS MY HUIS, MY ALLES!!

Ek is mal oor SA, dit is 'n awesome land. En ek ondersteun ook die AOH projek, want ek het net besef wat rerig in hierdie kontinent aangaan en ek wil so graag daaraan werk en dit 'n beter plek maak.

Ek weet nog nie hoe ek 'n verskil gaan maak nie, maar ek gaan, Ek moet nog net die hoe uitsorteer. Ek gaan miskien saam met ons kerk in September op 'n uitreik Mosambiek toe.

Hierdie besluit het so oor 'n paar gebeure gekom. Eerstens het ek in Duitsland besef hoe wonderlik is hierdie land en dat ek weet dinge nog gaan uitwerk.

Maar my fokuspunt nl. klein kindertjies en my liefde vir hulle kom al 'n hele rukkie.

Dit het alles begin toe ek saam met my gesin in April 2008 in Mosambiek gaan vakansie hou het. Daar het ek gesien wat hierdie mense doen, hoe hulle leef, maar wat my die meeste verstom het en wat vir my sooooooo ongelooflik mooi was, is die kindertjies, hoe hulle elkeen hulle ding doen en hoe hulle so getrou is, maak nie saak hoe klein nie. Elkeen het hul eie skooltassie (waaroor hulle baie trots is het ek verneem) waarmee hulle elke dag so mooi skool toe stap. Wat vir my ook mooi was is hoe die kleintjies hand aan hand mekaar geselskap hou oppad skool toe. Dit is so mooi om te sien, ek het skoon sleg gevoel oor wat ek alles het en ook soms hartseer is , maar hoe hulle wat amper niks het nie met 'n groot glimlag langs die hoofpad van Mosambiek skool toe stap en hul toekom op so 'n wyse koester. Elkeen op sy eie manier.

Daar het ek lief vir hulle geraak. Dit is verder uitgebrei hierdie jaar terwyl ons die afgelope tyd ons verpligte fliek in Lewensoriëntering behandel nl. Yesterday. Dit gaan oor 'n minder bevoorregte nie-blanke ma wat met HIV gediagnoseer is wat alles in haar vermoë doen om haar siek man (ook MIV positief wat deur geval het in volwaardige VIGS) te versorg en haar self oppas net sodat sy haar klein dogtertjie Beauty kan sien skool toe gaan. Dit het my laat besef waardeur Suid-Afrikaners elke dag moet gaan en EK wil hulle help. Verder.. om terug te kom na die kinders toe. Waar ek graag ietsie wil doen, is toe ek saam met my ouers Vrydagaand die fliek Blood Diamond gekyk het waar ek besef het hoe ongelooflik sleg het dit gegaan in Afrika vir die stryd vir rykdom. Onskulidge mense wat moes sterf vir geld (diamante). Dan dink het net by myself wat gaan in mense se harte aan om so iets te doen? Wat kan ek doen om dit te verander? Maar dit gaan beter in die lande wat daardeur geraak is, maar die mense kry nog steeds swaar.

Daarom wil ek die AOH span sterkte toe wens en sê JULLE ROCK en ek staan bankvas agter julle en ek weet dat die Here julle sal seën en dit wat julle doen. Want dit is hoe 'n mens 'n verskil kan maak.

Sterkte, geniet dit, en ek sien uit daarna om julle terugvoer te lees.

Oom Lodie dankie dat oom my geleer het hoe wonderlik SA is maar ook AFRIKA. Ek weet ek kan nou 'n verskil maak. En Ek gaan. Oom se passie en toewyding vir hierdie kontinent is ongelooflik en ek het daarvoor die wêreld se repek en ek weet AOH gaan 'n groot sukses wees.

Baie baie baie baie groete
Elzanne Robinson

'n Storie oor die woestyn

Die Nubiese woestyn (Sahara) en die woestynbewoners was vir my verlede jaar die hoogtepunt van my reis. Dit was die hardste en lekkerste ervaring.

Sedertdien laat die woestyn my nie los nie.

Hier is 'n vertelling oor die woestyn wat ek opgetel het.


'n Moderne mens het in die woestyn verdwaal. Die genadelose son het hom uitgedroog en verbrand.

Hy het 'n oase in die verte gesien. "'n Lugspieëling", het hy gedink, "wat met my die spot dryf".

Hy het verder gestrompel. Die oase het nie verdwyn nie.

Hy het dadelplantasies gesien. "Dis 'n hongerfantasie", het hy gedink.

Kort daarna het twee Bedoeine hom gevind. Dood.

"Kan jy dit verstaan?", het die een gevra. "Die dadels was so naby aan hom, byna by sy mond. Hier lê hy, by die fontein, verhonger, verdors, dood. Hoe is dit moontlik?"

Die ander een het geantwoord.

"Hy was 'n moderne mens. Hy het nie daaraan geglo nie."

Annami: Duiwelsdraai


Gister was eintlik maar 'n snaakse dag. Ek het Dinsdagaand tot laat gesit en werk aan so vreemde vak wat ek moet vat vir my honneurs. En om een of ander rede doen ons heelwat meer werk in daardie vak as die ander.

As iemand my ken, sal hulle weet dat versteurde slaappatrone iets is waarmee ek maar grootgeword het. Soos wat die aktiwiteite opduik shuffle-shuffle jy maar so deur die standaard-roetines. Maar die vet weet. Die wete dat die een of ander karikatuur van 'n dokter wat jou met VIER net sulke (arms beduie terselfdertyd verwoed dat 'net sulke' nou eintlik 'elle lange' beteken) naalde in jou drome rondjaag, het die rustigheid van die vier beskikbare slaapuurtjies effens ontneem.

My een vriend, De Wet, swot grafiese ontwerp by Open Window. Hulle het af en toe (en meer toe as af) allerhande snaaksighede wat hulle vir hulle klasse moet voorberei. En vir gister se klas moes hulle 'n paar foto's neem. Nou nie die standaard foto'tjie wat ek op my sussie se mik-en-druk sou prakseer nie. O nee. Foto's wat vereis dat ek vyfuur in die oggend moet opstaan. Daarna ewe gemoedelik moet spoornsy agter 'n rondomtalie aan en dan nog meer gemoedelik moet poseer op die duiwelsdraaier.

Ag en eintlik was dit nou lekker. Die vroegoggenddou tussen my tone is net wat ek nodig gehad het om my uit die steeds heersende sluimer te ruk. Self die wind deur my boskaas was 'n vrolike ervaring. Solank ek op die horison kon fokus, was dit lekker.

Die hele eskapade het net so vinning soos die rondomtalie verbygegaan en daar was 'n tydjie om my kamer in 'n studio te omskep. (En 'n kunsmatige ligstraal en duisternis te konstrueer). Kreatiwiteit ken gelukkig geen perke nie.

Al hierdie dinge het gebeur voordat Inge my kwart voor agt vir ons agtuur inentingsafspraak by die Intercare Travel Clinic oorkant my huis in Lynnwood Glen moes kom oplaai het. Ewe skielik het die foon begin lui.

En ek het geweet. Dit is nou tyd.

Naalde is en sal seker nooit vir my 'n baie gerusstellende apparaat wees nie. Gister was dit in my gedagtes baie erger. Dit laat my eintlik dink aan 'n gans. Dit lyk so petite en oulik (veral op 'n tekenprent), maar laat daai ding net agter jou aangestorm kom en hap, dan huil jy. (Ek praat uit ondervinding uit. My eerste troeteldier was so einste oulike gansie.)

Terug by die foon. Sy het gebel om te sê ek moet solank alleen gaan, sy gaan so bietjie laat wees. Toe gaan staan my hart. Inspuitings. Alleen?

Die hele toetie het 'n vinnige opweeg van voordele en nadele geloods en binne sekondes was Afrika belangriker as Bang. Vyftien minute later het ek by die gaafste dokter, ene Seef Pretorius, ingewals. Hier en daar 'n grappie gemaak, vlugtig gesels oor die mediese realiteite van Kenia en Ethiopië en ek het maar gaan sit vir die doodskoot. Wat moes ek maak?

Ek is trots om te sê al vier inspuitings was op my regterarm. Ek het nie bloeddorstig aan't gil gegaan nie. En ek het staande en met 'n glimlag Inge in die wagkamer begroet.

Ons kuier op Sondag 15 Maart 2009

Inge

Marizanne

Lizelle

en sy kliek so graag!

Annami

Die AoH sweaters


Sondag 15 Maart 2009

Gister het Africa our Home 'n stukkie nader aan realiteit gekom toe ons vier deelnemers vir die eerste keer ontmoet het.

Lizelle en Marizanne het vroegoggend van Kaapstad ingevlieg, en Inge en Annami het van Pretoria ingeblits gekom. Net Anja was nie daar nie, wat 'n mens kan verstaan. Duitsland is 'n bietjie ver van hier.

Ons het die dag op die plaas van Gerhard en Nettie de Villiers deurgebring. Hul dogter, Elmarie, was 1994 een van ons uitruilstudente.

Hier is so lank 'n paar foto's van die span. Beter foto's is op pad!

Marizanne: Nog foto's van die awesome dag in JNB

Sunday lunch

Xander het almal se aandag gesteel.

Pretty picture


Nuutste mode :)

Happy snapper


Die einde van 'n heerlike dag

Kommentaar

At van Wyk, skrywer uit Pretoria:

Dankie vir die jongste brief. Ek het die voriges gelees en raak meegevoer deur julle geesdrif.

Ek vertrou alles sal ten beste vir jou en jou meisiekinders en AoH verloop. Ek en almal kla net, julle druk Afrika aan die hart.

At van Wyk

Sunday, March 22, 2009

Meer goeie nuus uit Suid-Afrika

My vriende weet wat my gevoel oor sensasie en blaaie vol negatiewe nuus is wat elke dag aan ons opgedis word. Is dit al wat Suid-Afrika te bied het?

Onlangs het ek 'n e-pos van Knysna gehad van 'n suster wat daar werk. Haar e-pos het my laat glimlag. Uiteindelik kon ek iets lees van iemand wat soveel omgee vir haar naaste het, sonder om eers na velkleur te kyk. Hier is 'n aanhaling:

"Nella is vanoggend 6uur dood, kom vertel een van haar bosslapers vriende my. Ek huil oor Nella. Dieselfde Nella wat my so baie kwaad en moedeloos gemaak het! Wat HIV positief was en TB gehad het! Wat elke keer as ek gedink het nou kom sy gereeld vir haar behandeling, weer gedros het. Wat ek soveel kere gaan soek het op hul "green" waar almal van hulle bymekaar gekom het, gedrink het, gesels het, geprostitueer het en gelag het! Soveel keer het sy vanself teruggekom as sy baie sieker was. Nella wat ek 2 Vrydae gelede in die bosse gaan soek het langs die lagune, haar in my kar gelaai (soos vele kere tevore) en hospitaal geneem het. Toe 'n stukkie geraamte. Nou is Nella dood. Het ek te min gedoen, dalk te veel!

Ek huil oor al die Nellas wat so elke dag op my pad kom. Vanaand gaan ek 'n glasie wyn drink op Nella, op Ashley wat elke dag dronk by my kom pille drink het, wat altyd vir Stefanie by die kliniek gesoek het sodat sy weer vir hom kon vertel van wat met sy lewer gebeur, vir ons die Vrydag kom groet het en gesê het hy gaan die naweek vir sy ma-hulle kuier, op die N2 doodgery is terwyl hy oor die pad hardloop om sy ma te groet - sy wat weer na haar kind toe hardloop en ook doodgery word, op ons koerantverkoper by die werk wat deur sy straatvriende in 'n Pick 'n Pay trollie aangestoot word kliniek toe omdat hy siek is, en toe klaar dood is!

Ja, en ook op Mandy, Alaska, Lenie, Eric ens.... vir wie ons ook seker moet gaan koebaai sê!

Vanaand voel ek klein as ek dink aan die kere wat ek onvergenoeg voel, as ek soms dink ek leef in 'n klein wêreldtjie! Is dit werklik klein?"


Wonderlik! Daar is nog mense wat omgee en wat bereid is om hul talente hier in Suid-Afrika aan te wend. Die dame het ook nou ingeteken op ons AoH nuusbriewe.

Die pas afgelope naweek het ek nog verdere rede gehad om moed te skep, sonskyn te sien, meer hoop vir die toekoms te kry en te weet dat daar nog soveel wonderlike mense in hierdie wonderlike land van ons woon.

Ek het besoek uit Pretoria gekry. Johannes en Liezel Cronje en hul dogter Leane, Tommie du Toit, Frik, Andrisha en Catherin van Vuuren het hul voertuie met kos en klere en speelgoed volgelaai en 'n sentrum vir kinders sonder enige heenkome hier op Naboom kom besoek.

Terwyl hulle die voertuie afgelaai het en die kindertjies met arms vol kos kombuis toe gestap het, glo ek die hemele het gejuig.

Baie dankie aan al julle wonderlike mense wat elke dag soveel wonderwerke doen en waarvan geen koerant ooit melding sal maak nie. Ons Africa our Home-span loof elkeen van julle.

Kyk na die foto's hier onder.


Waaraan het die kleine meisietjie gesit en dink?









Twee tafels het onder die kos gekreun.


Speel speel speel