Sunday, April 26, 2009

Is dit waar?

Ek wonder of bogenoemde stelling waar is.

Ek wil graag glo dat dit waar is, maar ...

Wat is die een gemeenskaplike deler by enige vleisbraai? Negatiwiteit.

Wat bind vreemdelinge dadelik saam? Die gemeenskaplike verdoeming van die land. Is dit nie so nie?

Ek het iets vergeet. Om altyd net saam te stem, verg nie veel breinaktiwiteite nie. Mens moet net "Ja wragtig, dit is so" kan mompel. En wie wil nou energie mors om na iets positiefs te gaan soek?

En dit is hartseer dat ons kerke nie 'n meer kragdadige rol in die bekamping van die negatiwiteit speel nie.

As alles goed gaan, rol die wiele van die Africa our Home-span vandag oor twee weke oor die boogbrug by Vic Falls in Zambie (deelteken) in. Die tyd begin nou min word!

No comments:

Post a Comment