Friday, December 19, 2008

Die begin van "Africa our Home"

Goeie more!

Vanoggend op RSG se aktualiteitsprogram Monitor is die eerste keer oor ons projek Africa our Home berig.

Binne minute daarna het die eerste reaksie ingekom: Almal was positief!

Wat gebeur op dié stadium?

Ons oud-FSA deelnemers wat belangstel, kan tot 31 Januarie 2009 aansoek doen.

Middel Februarie maak ons die name van die vier gelukkige AoH-deelnemers bekend.

Ons werk ook in die rigting dat die vier buiten die berigte wat hulle gereeld Suid-Afrika toe gaan stuur, moontlik ook op gereelde basis oor 'n radiostasie kortliks oor die vordering van die projek gaan verslag doen.

Ons projek is ambisieus in 'n wêreld wat nie volkome, perfek, is nie. Ons weet wat ons wil bereik. Ons weet dat daar talle terugslae op ons drome kan wag. Dit gaan ons egter nie afskrik nie.

Ons wil in Suid-Afrika leef en floreer. Ons wil Suid-Afrika die tuiste van AL sy kinders maak.

Apply yourself. Get all the education you can, but then, by God, do something. Don't just stand there, make it happen. Lee Iacocca

1 comment:

  1. Baie geluk Lodie dat jy altyd op besonderse maniere waarde toevoeg aan mense se lewens! Ons sien deur al die jare jou merk op lewens wat jy aanraak en verander! Hou so aan,moenie moeg word nie! Hierdie projek sal ook 'n sukses wees soos al die baie ander! Lizette du Plessis

    ReplyDelete